Inbreker sterf na vrou hom met kookwater gooi
Updated | By The Drive with Rob and Roz
'n Vrou in Durban het vinnig op haar voete gedink toe sy agterkom daar is iemand in haar huis.

In 'n veg of vlug situasie is daar nie baie tyd om te dink nie en as jou lewe in gevaar is moet mens gou reageer.
LEES: SA DJs make history at biggest music festival in the world
'n Anonieme vrou in Berea, Durban het omstreeks 17:00 Maandagaand besef dat 'n gewapende persoon in haar huis ingebreek het.
Die man het 'n mes gehad en die vrou het kookwater oor hom gegooi terwyl sy vir hulp geskree het.
LEES: 'Karen' fights with flight crew over wine, plane forced to divert
Provinsiale poliosiewoorvoerder kol. Robert Netshiunda het gesê:
Die vrou was by haar woning in Ferndale Straat to 'n onbekende man die kombuisdeur afgebreek het en ingekom het met 'n mes. Die vrou het die man gekonfronteer en hom met kookwater gegooi.- kol. Robert Netshiunda
Die man het toe uit die huis gehardloop en in die voortuin geval. Die Paramedici het hom doodverklaar.
Die Berea-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek begin.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
LISTEN: Rozanne McKenzie tries pap for the first time ever!
In her many decades on this earth, proudly South African Roz has never h...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
VIDEO: Dricus du Plessis teaches Aussie pranksters a lesson
You do not want to pick a fight with a UFC champion!
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago