'Huisvroue' Anita Lloyd en Mel Viljoen om een tafel: Vyf hoogtepunte

'Huisvroue' Anita Lloyd en Mel Viljoen om een tafel: Vyf hoogtepunte

As daar een ding is waarna almal sal uitsien, is dit om die Wynlande se Anita Lloyd en Pretoria se Melany Viljoen saam om een tafel te sien sit en gesels! 

Anita Lloyd & Mel Vijoen
Verskaf/ kykNET

In die reeks, 'Laataand by Rian' op kykNET kanaal 144,  nooi Rian van Heerden weekliks 'n nuusmaker na sy restaurant in Pretoria. 

Die tweede gas is altyd 'n verrassing vir die eerste gas en dis gewoonlik iemand wat hulle glad nie verwag nie. 

LEES: '7de Laan' se David Rees uit waakeenheid na hartaanval

Die uitgesproke Anita Lloyd van 'Die Real Housewives van die Wynlande' was Van Heerden se gas vandeesweek. En Anita het weér gesorg vir komedie tussendeur al die onderwerpe wat sy en Rian bespreek het. O

ns kyk na vyf hoogtepunte uit Anita se episode:

Anita voel sy was te naïef

Anita het net 'n manier hoe om 'n storie te vertel wat jou sal laat skaterlag - en sy doen dit sonder moeite. Sy het vir Rian vertel dat sy nie meer Checkers toe kan gaan om doodnormaal haar inkopies te gaan doen nie. Om elke hoek en draai word sy gestop vir 'n foto en haar man, Boyce, wil nie meer saam met haar winkels toe gaan nie. "Hulle roep my by die naam en hulle praat met my en voer met my ’n gesprek asof hulle my jare ken! Dis ’n groot kompliment, maar ek het goedjies om te doen. Ek is rêrig net daar vir ’n brood en ’n melk," sê Anita ewe ernstig terwyl jy saggies vir Rian hoor lag. Anita het glad nie verwag sy gaan soveel aandag kry nie.

Anita oor Boyce se aftrede

Toe Anita se man, Boyce, se aftrede van KWV aangekondig word, het baie mense gesê dis as gevolg van haar gedrag tydens 'Die Real Housewives van die Wynlande'. Sy sê dis ’n ongelooflike groot kompliment dat mense dink sy is die rede vir haar: "Ongelooflike hardwerkende man met 'n ontsettende goeie reputasie se aftrede." Maar sy wens tog dat mense liewer oor die reeks of oor haarself sou skryf, as oor Boyce.

LEES: Brendan Peyper soek liefde: Só lyk sy ideale vrou

Anita is glad nie spyt oor 'Die Real Housewives van die Wynlande' nie

Sy meen dat as jy jouself heeltyd gaan bevraagteken oor hoekom jy sekere goed gedoen het, gaan dit nie dinge beter maak nie. "Dit was die plan om myself bloot te stel. Ek wou wys dat iemand my ouderdom kan nog 'n mooi rokkie aantrek, haar lippies rooimaak, haar hare krul en sy kan oukei wees en aangaan."

 Toe Anita en Mel bietjie skinder… 

Rian het vir Anita uitgevra oor haar mede-huisvrou Karen Schwendtke, se kommentaar dat sy soos Mel Viljoen wou wees. Anita sê toe trots sy wou nie, want sy is reeds 'n alfa-vrou. En net daar stap die beeldskone Mel van 'Die Real Housewives van Pretoria' in om haar te verras. En haar eerste woorde was: "Nee, my hart gaan staan! Ek gaan nou flou word!" Anita was superopgewonde om vir Mel te sien en dié twee het al te lekker gesels. Toe Anita begin praat oor die poker-aand en Karen se gedrag, het Mel dadelik geantwoord: "Ek weet hoekom sy so was. Dit was payback. Sy het gesê dit was aspris en dat sy dit so beplan het. Ek weet nie wat voor dit gebeur het nie, maar dit was payback." En Anita was geskok en wou antwoorde hê.

LEES: KWV bevestig uitvoerende hoof bedank

Anita en Mel gesels oor hulle ervaring

Alhoewel Anita en Mel nie in dieselfde reeks was nie, het hulle dieselfde reaksie van kykers gekry. Aan die begin het niemand van hulle gehou nie en soos die reeks aangegaan het, het mense van hulle begin hou. Mel sê sy kry talle boodskappe van meisies wat haar inspirerend vind en dat mense by haar salon opdaag net om haar te ontmoet. En Anita ervaar dieselfde. "Ek ervaar die meeste aanhang van jong getroude paartjies, jong tieners en ook die gay-gemeenskap," sê sy trots.

Die volledige episode is op Catch Up beskikbaar en jy kan dit ook kyk op DStv Stream. Rian se volgende gas is die uitgeworpe ANC-lid Carl Niehaus. Hulle gesels oor sy hoogs kontroversiële outobiografie wat oppad is asook oor die ware toedrag van sake in die land. 

'Laataand by Rian' is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien. 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories