Dewald Wasserfall se nuwe enkelsnit dié week vrygestel

Dewald Wasserfall se nuwe enkelsnit dié week vrygestel

Dewald het Sondag middag weer geterg met 'n video van sy nuwe enkelsnit Jy Is Die Storm op sosiale media. 

Dewald Wasserfall
Official Website

Die Afrikaanse sanger het aan Jacaranda FM News vertel dat die enkelsnit na verwagting eerskomende Woensdag by die Innibos Fees in Mbombela bekendgestel gaan word.


Hy het verlede week reeds begin terg met 'n 5 sekonde video wat hy op op twitter geplaas het.


LEES OOK: Dewald Wasserfall se nuwe album oppad


Sedert 2010 bou Dewald aan 'n suksesvolle solo-loopbaan en het in 2012 aan sy langverwagte solo-debuut, Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde, saam met medeskrywers en tydgenote Johan Vorster en Ewald Coleske, gewerk.


Liedjies skryf is in sy bloed. 


Op die jong ouderdom van 12 het Dewald alreeds sy eerste liedjie geskryf. Ná matriek het hy sy talent na die destydse Pretoria Technikon geneem en sy algemene bekwaamheid verder geslyp deur 'n diploma in vermaaklikheidstegnologie te verwerf.

Daar gaan ongelooflik baie werk in 'n nuwe album in. Hier is ons in die laaste fase van "mixing". #JyIsDieStorm is oppad !

A video posted by Dewald Wasserfall (@dewaldwasserfall) on

Show's Stories