Dis Koue Kos, Skat word 'n rolprent
Updated | By MornéJK
Dis Koue Kos, Skat, 'n roman deur die bekroonde skrywer Marita van der Vyver, gaan eersdaags in 'n vol-lengte fliek omskep word.

Veteraan aktrise, Anna-Mart van der Merwe is in die hoofrolverdeling terwyl bekende name soos Deon Lotz en Angelique Gerber ook in die roman verskyn.
Die fliek handel oor die briewe en e-posse van ’n vrou in haar liefde verlaat wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak.
Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor ’n dekade geskryf is – aan ’n ontroue man en vriendinne.
Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anaïs, een van Clara se beste vriendinne.
Die briewe wys die verskeie “stasies” van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak.
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 15 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 16 hours ago