"Dit gaan oor liefde"- Zenobia Kloppers oor die nuwe 'Fiela se Kind'

"Dit gaan oor liefde"- Zenobia Kloppers oor die nuwe 'Fiela se Kind'

'Fiela se Kind', die filmaanpassing van die topverkoper-roman deur Dalene Matthee, is na meer as 30-jaar weer op die silwerdoek te sien.

Zenobia Kloppers op stel van Fiela se Kind
Zenobia Kloppers op stel van 'Fiela se Kind' / Facebook

"Dit gaan oor liefde en ek dink ons het baie daarvan nodig."

So meen Zenobia Kloppers, wie die rol van 'Fiela Komoetie' in die nuwe fliekweergawe van 'Fiela se Kind' vertolk. 

Die fliek wat landswyd vanaf 13 September 2019 in rolprentteaters te sien sal wees, vertel die verhaal van 'Fiela Komoetie', ’n hardwerkende bruin vrou wat in die verdorde Karoo woon en ’n verlore wit kind inneem en hom grootmaak as haar eie. 

LEES OOK: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Sharleen Surtie-Richards

Nege jaar later, word 'Benjamin' uit haar sorg verwyder en word hy geforseer om in die Knysna Bos te gaan leef saam ’n gesin van houtkappers wat beweer hy behoort aan hulle. Afgesonder van die gereg en deur geografie, bring Fiela en Benjamin die volgende dekade deur om mekaar te probeer vind terwyl hulle ook hulle individuele identiteite aanvaar. 


'n Nuwe Fiela vir 'n nuwe generasie

Kloppers glo dat die storie van Fiela en Benjamin tydloos is. "Ons soek liefde vir mekaar, ten spyte van ras of kultuur. Dit gaan oor die mens binne in en dit is eintlik waaroor Fiela gaan," voeg Kloppers by.

Die Namibiese boorling bieg dat daar baie druk op haar is omdat sy die ikoniese rol vertolk. 

"Dalene Matthee het so ikoniese boek geskryf dat dit vir my belangrik was om die rol goed te vertolk volgens die boek wat sy geskryf het. Dit was waar die druk vir my vandaan kom."

Klopper noem verder dat sy 'Fiela se Kind' die boek, telkemale met die film se regisseur en skrywer, Brett Michael Innes gelees het om presies te besluit wat hulle van die karakter wil wys. "Dit was waar die druk vandaan kom, maar ook die vreugde daarvan."

KYK DIE LOKPRENT HIER:

Die rolverdeling bestaan verder uit, Wayne Smith as ‘Benjamin SNR’, en Luca Bornman as ‘Benjamin JNR’.

Show's Stories