Griekwastad-fliek binnekort op Box Office te sien

Griekwastad-fliek binnekort op Box Office te sien

Die film handel oor die gruweldade wat die wêreld in 2012 tot stilstand geruk het.

griekwastad
Verskaf.

Die Griekwastad-moorde is verewig op die silwerdoek en word op 5 Mei 2020 via Box Office vrygestel. 

LEES OOK: Arnold Vosloo talks about being back in South Africa and the new 'Griekwastad' movie

Die film is gebaseer op die boek ‘Die Griekwastad-moorde - Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het’ deur Jacques Steenkamp. Wêreldberoemde Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, vertolk die hoofrol van Kolonel Dick De Waal, en SAFTA wenners Tertius Kapp en Jozua Malherbe is onderskeidelik verantwoordelik vir die teks en regie.

Waaroor gaan die fliek?

’n Familieman, Dick de Waal, moet sy laaste hoop in onskuld prysgee wanneer hy die moord van die Steenkamp gesin ondersoek. Dit is ’n vroeë herfsaand in die Noord-Kaap provinsie. Deon, Christel en hul dogter sit gemaklik in hul sitkamer en kyk TV - en dit is wanneer hulle al drie grusaam vermoor word. 

Hul seun is die enigste oorlewende en haas die polisiestasie binne. Hy is bebloed behalwe vir sy skoon T-hemp en roep uit: “Julle moet kom! Hulle is geskiet! Almal is dood!” 

So begin die verhaal van die Griekwastad-moorde.

Kyk die lokprent hieronder:

Die gebeure rondom die Griekwastad-moorde het die hele land vasgenael gehou aan elke brokkie nuus en elke nuwe feit wat bekend gemaak is. Die film fokus hoofsaaklik op die gebeure rondom die moorde, asook die ondersoek na die moorde.

Die rolprent is vervaardig deur SCENE23. Die rolverdeling sluit in onder andere Arnold Vosloo, Alex van Dyk, Jane De Wet, Albert Pretorius, Albert Martiz, Deon Lotz, Ira Blanckenberg, Rolanda Marais, Tim Theron, Jody Abrahams en nog vele meer.

Show's Stories