Jack Parow skep temalied vir Van Der Merwe film

Jack Parow skep temalied vir Van Der Merwe film

Jack Parow se splinternuwe treffer, Super Van, is spesiaal geskep as die temalied van die langverwagte fliek, Van Der Merwe, wat binnekort op die grootskerm te sien is.

Jack Parow
Supplied

"Ek was super-amped to hulle my nader, want ek love Van der Merwe en almal wat deel is van die fliek," sê Jack Parow.


Hy sê Rob van Vuuren is een van die beste akteurs in Suid-Afrika en een van die redes hoekom hy besluit het om betrokke te raak by die film.


Van der Merwe word op die 28ste Julie vrygestel. 


"Ek het geweet dit sal cool wees om betrokke te raak hierby, omdat ek grootgeword het met Van der Merwe-grappies," vertel die musikant. 


Parow sê die liedjie gaan nie net noodwendig oor alles wat in die fliek gebeur nie, maar ook oor allerdaagse grappies oor Van der Merwe waarmee almal groot geword het.


"Dis 'n snaakse, fun song, waarby almal sal aanklank vind."

Draaiboekskrywer, vervaardiger en regisseur Bruce Lawley sê hy wou van die begin af hê dat die temalied deur een van die land se grootste musieklegendes gesing word.


"Sy lirieke en sin vir humor is vlymskerp en ek het geweet dat hy iets sou skep wat gepas is vir die humoristiese tong-in-die-kies-aanslag van die fliek."

Van der Merwe, met Rob van Vuuren in die hoofrol, speel af op 'n plaas in Suid-Afrika en vertel die verhaal van Van se dogter Marike wat terugkeer na 'n oorbruggingsjaar in England. 


Maar sy is nie alleen nie. Haar verloofde, Britse mediese student George, is aan haar sy en dit skep die perfekte geleentheid vir talle probleme en uitdagings.

Show's Stories