Jagveld gaan op 'n landswye toer
Updated | By MornéJK
Die nuwe Afrikaanse aksie-riller, Jagveld, uit die pen van die bekroonde skrywer in die riller-genre, Deon Meyer, vertrek eersdaags op 'n landfsywe toer.
Jagveld spog met 'n ster-belaaide rolverdeling waaronder, Leandie Du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron en Tertius Meintjies en sal op die 17de Maart fliekteaters tref.
Sommige van die spesiale voorvertonings gaan in unieke buitelug-fasiliteite plaasvind, in ongewone plekke waar flieks nie sommer eksklusief gewys word nie.
ALSO READ: Jagveld lokprent vrygestel
Van die akteurs uit die fliek gaan ook hierdie voorvertonings bywoon - om aanhangers te ontmoet en saam te fliek.
Jagveld word beskou as 'n sterk nuwe toevoeging tot die Suid-Afrikaanse filmbedryf in 'n genre wat nog nie in Afrikaans verken is nie.
Dit tref die silwerskerm met impak en lewer spanningsvolle elemente van die genre met die ondersteuning van atmosferiese kamerawerk.
Show's Stories
-
Plans to crackdown on spam calls in South Africa
If you are as tired of receiving multiple spam calls daily as we are, he...
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
LOOK: R430,000 for one night in South Africa's most expensive Airbnb
From butlers to private aeroplane runways, these lavish listings are bri...
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago