Jak de Priester: 'My wens vir SA in 2025 is vrede'
Updated | By Jacaranda FM
Sanger en TV-aanbieder, Jak de Priester, sien uit na 'n rustige feestyd in Somerset-Wes met familie en vriende.
Die aanbieder van 'Koppieteefontein' op kykNET, Jak de Priester, sien uit na 'n rustige feestyd in Somerset-Wes met familie en vriende.
Sy gewilde program is in 2024 vir 'n derde seisoen hernu.
LEES: Dís waarna 'Suidooster'-ster Daniel Coetzee uitsien in 2025
De Priester sê dit is vir hom interessant dat die ritueel van tee drink soveel anders is as koffie.
"Om tee saam met iemand te drink, is 'n bymekaarkoms, iets wat nie afgejaag kan word nie. Ek het ook die afgelope tyd besef meeste gaste is teedrinkers, dalk juis omdat dit rustiger is. Ek maak ook vir elke gas 'n klein abstrakte kunswerk wat ek gemaak het en dan vir hulle as geskenk gee," sê hy.
"Dis net 'n gesprek tussen my en die persoon waar hulle, hulle lewens deel."
Na 'n suksesvolle jaar vir De Priester is hy reg vir 'n rustige feestyd met familie en vriende.
"Ek sien uit na die fees in feestyd. Daar is 'n gevoel... dit voel net soos vakansie."
LEES: Deon Lotz: 'Kersete saam familie is 'n geseënde ervaring'
Soos na enige suksesvolle jaar, wens elkeen van ons vir iets mooi...
"My wens vir 2025 is vrede...
"Ek wens net vir 'n bietjie vrede en samehorigheid, maar vir myself wens ek vir meer tyd.
"Ek geniet my lewe, ek geniet my kinders, ek geniet met vrou... Ek is so gelukkig met alles en daarom wens ek vir meer tyd."
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Into the New World': the K-pop song that became South Korea'
A cheerful song by one of the most successful K-pop girl groups has emer...
The Drive with Rob & Roz 16 hours ago -
VIDEO: Lisa Kudrow shares sad admission about 'Friends' cast
The one where Lisa Kudrow, aka Phoebe Buffay, talks about Matthew Perry'...
The Drive with Rob & Roz 17 hours ago