Jonathan van Radio Raps ondergaan operasie
Updated | By MornéJK
Die bekende akteur en komediant Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, het Donderdag 'n operasie ondergaan om galstene te verwyder.
Volgens sy bestuurder Zinta Kymdell was die operasie 'n sukses, hoewel Rikus steeds in die intensiewesorgeenheid van 'n Pretoriase hospitaal is.
Zinta het Vrydag aan Jacaranda FM News bevestig dat Rikus se galstene en galblaas verwyder moes word.
"Die operasie was suksesvol en sonder enige komplikasies. Die dokters is tevrede en positief dat Rikus nou spoedig sal herstel," sê Kymdell.
Rikus is sowat twee weke gelede in die hospitaal opgeneem maar weens komplikasies kon hy nie die nodige operasie ondergaan nie.
Die akteur het vroeër infeksie in sy galblaas opgedoen. Dit het later na sy ander organe versprei en hy was sedert die begin van die week op antibiotika, waterpille en morfien.
Sy medisie span het vroer aan MornéJK bevestig dat die infeksie van sy galblaas na sy lewer, pankreas en hart versprei het.
Kymdell sê hulle hoop en bid vir Rikus se vinnige herstel.
Show's Stories
-
Plans to crackdown on spam calls in South Africa
If you are as tired of receiving multiple spam calls daily as we are, he...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
LOOK: R430,000 for one night in South Africa's most expensive Airbnb
From butlers to private aeroplane runways, these lavish listings are bri...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago