KYK: Scheepers-familie van 'Kwarantyn' dans op gewilde 'Jerusalema'-liedjie

KYK: Scheepers-familie van 'Kwarantyn' dans op gewilde 'Jerusalema'-liedjie

Die naaswenners van 'Kwarantyn', die Scheepers-familie, het onlangs Suid-Afrikaners vermaak in 'n video, waar hulle op Master KG se 'Jerusalema' dans. 

Die Scheepers-familie
Facebook/ Die Scheepers-familie

Op Woensdag 29 Julie, in die naelbytfinaal van kykNET se realiteitsprogram, 'Kwarantyn', is die Le Roux-familie as die wenners van die eerste seisoen aangewys. 

LEES: Ontmoet #SpanLeRoux en #SpanScheepers van 'Kwarantyn'

Alhoewel die Scheepers-familie nie die kompetitise gewen het nie, het hulle nie met leë hande weggestap nie – Caryn het die prys gewen vir die deelnemer wat die eerlikste en opregste was en het R10 000 kontant ontvang. Dié prys word toegeken deur die 'Kwarantyn'-span wat die twee families die afgelope twee maande 24/7 dopgehou het. Die Le Roux-familie en Scheepers-familie het deur die loop van die reeks onderskeidelik R41 000 en R40 000 in geskenkbewyse ontvang.

LEES: Die Le Roux-familie wen die eerste seisoen van 'Kwarantyn'

Die kunswerke wat deur die twee families gemaak is, is op veiling geplaas en R156 000 is op dié manier bymekaar gemaak. Die geld word aan die Scheepers-familie geskenk. Deur die loop van die program het Emo Adams ook aangebied om Austin te help om sy eerste aanlynoptrede te vervaardig en sal hom ook verder met ‘n moontlike sangloopbaan ondersteun. Kyk hier toe Emo vir Austin gebel het.

LEES: Armand Aucamp stel eerste Afrikaanse 'dating'-app bekend

Die Scheepers-familie was vir al gewild vir hulle unieke danspassies en karaoke. Op Donderdag, het die familie Suid-Afrika verras met 'n opwindende video waarop die hele gesin op 'Jerusalema' van Master KG gedans het. 

Die 'Jerusalema challenge' het miljoene reg oor die wêreld vermaak en verenig. Master KG het ook onlangs met die Scenic Drive-span gesels. 

Kyk hier na die video: 

You asked for it! Here it is!

Posted by Kwarantyn Span Scheepers on Thursday, August 6, 2020

Show's Stories