Marno van der Merwe se nuwe enkelsnit
Updated | By MornéJK
Die veelsydige vermaakkunstenaar, Marno van der Merwe se eerste enkelsnit word dié maand uitgereik en so word net nog 'n droom bewaarheid.

31-jarige Marno is 'n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met talle verhoog-, TV- en fliekrolle op sy kerfstok en het tot onlangs nog kykers in die kykNET-reeks Sterlopers vermaak.
Hy is ook te sien in die Anglo-Boereoorlog fliek, Modder en Bloed wat tans in teaters draai.
Nou volg sy eerste solo-album, O My Liefde, wat later in 2016 uitgereik sal word.
"Dit bestaan uit lekker-luister-musiek wat mense emosioneel sal raak," verklap Marno. Hy en die musiekvervaardiger Harshin Reddy het saam hieraan gewerk, geskryf en opgeneem. Die eerste enkelsnit getiteld Uitverkoop aan ons sal vanaf die 7de April oor die luggolwe gehoor kan word.
Marno meen elke mens moet sy eie, unieke liefdesstorie voortdurend koester.
- Press Release
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago