Martin Bester stel Afrikaanse album vry
Updated | By MornéJK
Martin Bester het pas sy eerste Afrikaanse album, getiteld "Vir Die Eerste Keer", bekendgestel.

Hy sê dis 'n droom wat waar geword het alhoewel dit nie sy eerste album is nie.
Martin is ook die hoofsanger van die SAMA-genomineerde alternatiewe rock-groep, Kinky Robot.
Hulle radio-treffers sluit onder andere in ‘Hobie Beach’ en ‘Lover of Life’.
Hulle het al regoor die land opgetree en selfs oorsee in die bekende ‘Apollo Theatre’ in Londen.
LEES OOK: Nuwe talent: Georic Lomas se debuut enkelsnit
Die veelsydeige sanger het onlangs besluit om die Afrikaanse musiekmark te betree en het reeds drie treffers.
"Ek is kinderlik opgewonde en verskriklik bly dat ek uiteindelik my album kan vrystel," het Martin gesê.
Die album sal vir eers op digitale platforms soos iTunes en Google Play beskikbaar wees, terwyl die CD volgende jaar die rakke sal tref.
"Die album se naam is Vir Die Eerste Keer en dit is 'n deurlopende tema. Maak nie saak hoe oud jy is nie - daar is altyd 'n eerste keer vir alles"
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 14 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 16 hours ago