'n Derde platinum album vir Elvis Blue

'n Derde platinum album vir Elvis Blue

Afrikaanse sanger, Elvis Blue spog nou met sy derde platinum album na sy jongste aanbieding, Erens In Die Middel Van Nêrens vroer die week platinum status bereik het. 

Elvis Blue

Die album blink uit met die eerste enkelsnit, Die Hemel, wat reeds by verskeie radio stasies as liedjie van die jaar aangewys is.


Die album het ook gesorg dat Elvis die meeste Ghoema nominasies deur enige kunstenaar in die geskiedenis van dié gesogte toekenning ontvang het. 


Elvis het in 'n rekord 7 kategorieë gewen, insluitend album van die jaar, manlike kunstenaar van die jaar, beste musiek video van die jaar vir Die Hemel, beste liedjie skrywer, beste kontemporêre album deur 'n manlike kunstenaar en Die Hemel is selfs ook aangewys as luitoon van die jaar omdat dié lied meer as 280 000 male afgelaai is.


LEES OOK: Elvis Blue breek Ghoema rekord


"Dit is vir my 'n groot eer en as mens jonk is en jy skryf liedjies, dan kan jy net droom van platinum status," het Elvis aan Jacaranda FM gesê.


Hy meen ook dat dit alles te danke is aan wonderlike ondersteuners wat nie skroom om sy album op te raap nie.


"Afrikaanse aanhangers is die beste! Hulle ondersteun mens se kuns aie getrou en daarom streef ek daarna om net die beste aan musiek liefhebbers te gee," sê Elvis.


Hy het ook laat glip dat hy tans in die ateljee besig is om aan sy volgende album te werk.


"Ek kan nog nie veel sê nie maar ek is hard aan die werk aan nuwe materiaal," het Elvis gesê.

Show's Stories