Ontmoet die 10 boere van 'Boer Soek 'n Vrou'

Ontmoet die 10 boere van 'Boer Soek 'n Vrou'

10 Suid-Afrikaanse boere vir 'Boer Soek 'n Vrou' is op 19 Julie aan Suid-Afrika bekendgestel. 

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf: Boer Soek 'n Vrou

Die gewilde kykNET-werklikheidsreeks, 'Boer Soek ’n Vrou', kan nou 2020 se tien boere, wat vanjaar op ’n liefdesreis wil gaan om die ideale pasmaat te vind, onthul.

Vanjaar se boere se ouderdomme wissel tussen 24 en 52, terwyl daar drie boere van die Vrystaat, drie van die Wes-Kaap, twee van Mpumalanga, een van Gauteng en een van Noordwes is.

LEES: KYK: Ons leer ken die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' Marciel Hopkins

Anders as tevore, gaan voornemende pasmaats nie handafgelewerde briewe of pakkies vir boere kan stuur nie en sal slegs digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, aanvaar.

In die verlede is 'Boer Soek ’n Vrou', wat vanjaar deur Marciel Hopkins aangebied word, van Oktober tot Januarie uitgesaai, maar die Covid-19-pandemie het produskie vertraag en die dertiende reeks sal dus eers in 2021 op kykNET afskop. Kykers sal die boere se liefdesreis van Donderdag 21 Januarie kan begin volg en ouder gewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. 

Hier is die 10 boere wat opsoek is na liefde: 

Albert, 24

Boerdery: Rooibostee, citrus en skape 

Gebied: Clanwilliam, Wes-Kaap 

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Albert

Déan, 28

Boerdery: Macadamia-neute

Gebied: Nelspruit, Mpumalanga

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Dean

Hannes, 52

Boerdery: Gemengde Boedery

Gebied: Kroonstad, Vrystaat

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Hannes

Kobus, 52

Boerdery: Gemengde Boedery

Gebied: Randfontein, Gauteng

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Kobus

Marthinus, 25

Boerdery: Gemengde Boedery

Gebied: Arlington, Vrystaat

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Marthinus

Mathys, 25

Boerdery: Skaap, Bees en Bosbou

Gebied: Dullstroom, Mpumalanga

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Mathys

Niel, 32

Boerdery: Vrugte

Gebied: Grabouw, Wes-Kaap

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Niel

PF, 30

Boerdery: Vee, Groente en Saad

Gebied: Lainsburg, Wes-Kaap

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer PF

Richann, 29

Boerdery: Skilderbokke

Gebied: Vredefort, Vrystaat

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Richann

Stephan, 40

Boerdery: Bees en Saai

Gebied: Lichtenburg, Noordwes

Boer Soek 'n Vrou
Verskaf/ Boer Stephan

Diegene wat vir een van die top-tien boere, wat almal vroulike pasmaats soek, ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 8 Augustus 2020 ingedien word.

Diegene wat die boere beter wil leer ken en wil inskryf, kan die volgende doen:

👨‍🌾💕 Indien 'n boer jou hart vinniger laat klop het; maak jou hart oop en volg dié skakel om in te skryf vir #BoerSoeknVrou! 👉 https://bit.ly/3fHWl5y Marciel Hopkins kykNET

Posted by Boer Soek ’n Vrou on Sunday, July 19, 2020

Show's Stories