Simoné Pretorius gesels oor haar rol in 'Die Onderonsie' en Kersfeesplanne

Simoné Pretorius gesels oor haar rol in 'Die Onderonsie' en Kersfeesplanne

Aktrise Simoné Pretorius gesels oor haar rol as 'Jolene' in 'Die Onderonsie' en haar Kersfeesplanne. 

Simoné Pretorius Die Onderonsie
Verskaf/ Showmax

Wanneer vyf vriende wat voorheen saam in 'n band was bymekaarkom vir hul jaarlikse reünie, lei die verskyning van 'n lyk tot agterdog en geweld onder die vriende. Met sulke tjommies, wie het vyande nodig?

'Die Onderonsie' is die debuutrolprent van die veelbekroonde Philip Nolte (2023 SAFTA-wenner 'Seks in Afrikaans', Silwerskerm-toekenning-wenner Vossie Vergas Homself), en die rolverdeling van dié donker komedie sluit SAFTA-benoemde Simoné Pretorius ('Hotel'), 'Binnelanders'-sterre Pietie Beyers en Lindsey Cele, en 'Getroud Met Rugby'-sterre Adrian Steyn en voormalige Meneer Wêreld Suid-Afrika Sean van Noordwyk in. 

Simoné Pretorius gesels oor haar rol as die band se sangeres, 'Jolene'. 

Wat was jou gunsteling-item van 'Jolene' se kostumering?

"Om eerlik te wees sou ek nooit in my lewe dra wat sy dra nie! Sy is regtig omtrent die teenoorgestelde van my. Sy dra bodycon-rokkies wat super styf sit, so ek het gesukkel met die 

"Maar ek het wit knie-hoogte stewels gedra. Hulle was my eie, en baie gemaklik! Ek weet nie hoekom ek wit trompoppie-stewels besit nie.

"Ek is mal oor die feit dat sy hierdie hoë wit hake aangetrek het vir ‘n naweek in die bosveld saam met vriende.

"Soms voel ek dat wanneer jy 'n karakter se skoene aantrek, is jy regtig besig om in die tol in te klim. Klere kan verander, maar daar is iets baie spesifiek aan wat 'n karakter sal dra as 'n skoen."

Is daar iemand vir wie jy 'n moord sou help toesmeer of 'n lyk sou begrawe?

"Daar is. Ek is 'n introvert en ek het vier of vyf nabye vriende. Dis 'n klein groepie en ek sal letterlik sterf vir hulle. Ek sal moord pleeg vir hulle. Diep, diep vriendskap wat outentiek en opreg is is so skaars in die wêreld waarin ons leef. En nou is mens in 'n bedryf waar mense probeer om jou te gebruik vir hulle eie voordeel. So wanneer jy werklik die vriende vind wat jou hart ken, en wat daar is vir jou, ten spyte van als wat daarmee saamgaan, dan is dit iets waaraan jy moet vasklou."

Die ander lede van die band noem vir 'Jolene' "Patricia Lewis". Waarom Patricia?

"Hulle bedoel dit nie noodwendig as 'n kompliment nie! Ek het gewonder of Gen Z gaan weet wie Patricia Lewis is nie, maar ek weet vir mense van my ouderdom en ouer, veral in die Afrikaanse gemeenskap, is sy baie bekend as 'n ikoniese popster met die hare, die glam en goeters."

Speel jy 'n instrument of sing jy in die regte lewe?

"Ek kan sing, maar ek kan nie 'n instrument speel nie.. of nog nie! Ek wou nog altyd klavier of kitaar speel, soos elke ander mens op die planeet. Ek sou mal wees daaroor om klavier te speel maar ek is nie goed met multitasking nie. Twee hande wat gelyktydig verskillende dinge doen breek my brein."

So toe jy as kind gefantaseer het daaroor om ‘n rockster te wees, hoe het jy jouself gesien? 

"100% Britney! Ek was 'n groot Britney-aanhanger. Ek het al die posters en die CD's gehad. Ek het myself nie juis as 'n rockster gesien nie. Sien, dis die hoofmeisie in my! Ek gaan eerder vir die popster vibe. Christina Aguilera was alreeds ‘n bietjie te edgy vir my. Ek was baie onskuldig en naïef, so ek was Britney – maar miskien Britney voor 'I'm A Slave 4 You', voor die slang om die nek.

'Jolene' het 'n gospel pop-album uit – 'Spread Your Wings'. As sy die musiek kon maak wat sy werklik wou, wat sou dit wees?

"Ek dink sy wil so bietjie van daai 'Slave 4 U'-Britney doen! Daai is die Jolene wat sy aan die binnekant is, en miskien so bietjie van ‘n rock-chick ook. Maar die gospel album is net omdat dit is waar sy haar geld wil maal, en sy weet die mark is baie lojaal. Veral in die Afrikaanse mark. Mense is versot op ‘n gospel album. Jy kan die vreeslik skynheilig wees, maar as jy 'n gospel album uitbring sal jou aanhangers mal wees oor jou. So sy doen 'n gospel album, maar sy is besis 100% die teenoorgestelde van 'n gospel-sanger.

Wat was jou gunsteling[oomblik tydens die bakleiery tussen 'Jolene' en 'Bianca' (Lindsey Cele)? 

"Dit was so intens! Ons het baie uitgesien na die geveg. Dit was my eerste gevegstoneel! Ek't al hier en daar 'n paar klappe deur die gesig uitgedeel, maar hierdie was gechoreografeer, soos 'n dans. Die manier hoe dit begin was fantasties. Dis net so spanningsvolle oomblik waar mens nie glo Bianca gaan dit doen nie. Maar dan klim sy net in! En later het ons panne gebruik en mekaar oor die kop geslaan. Dit was nogal snaaks. En daar is ook iets aan die hare-trekkery. Dit was als absolute chaos. Lindsay is 'n goeie vriendin, so ek voel baie veilig by haar. Ons het net hope pret gehad."

Met die toneel waar 'Jolene' met 'Chad' die pool boy flankeer, watter oomblik was byna jou einde.

"Ek't iets vir hom gesê oor die sterre wat belyn, en toe sê hy, "Sterre? Nee, baby; ek's 'n ateïs." En dit was vir my histeries. Die hele toneel saam met Dean was so 'n hoogtepunt, dit was pure komedie. Ek was mal daaroor om teenoor hom te speel. Hy is net so 100% toegewy aan sy pool boy-karakter. Sy is soos "Jy is so absoluut laf. Maar okay, ek gaan net rol met dit." Jy kan my altyd vang met komedie, want komedie is so moeilike ding om te skryf. Dis 'n maklike ja vir my, jy kan my oorwen met komedie. Ek is goedkoop op daai manier!

VINNIGE FEITE OOR SIMONÉ PRETORIUS: 

Ouderdom: 33.

Gebore: Sy het in Pretoria grootgeword, maar in Stellenbosch studeer en vir 10 jaar in Johannesburg, voordat sy teruggekeer het na Pretoria om naby "die ouma zone" toe sy swanger geraak het.

Wat het sy studeer: BA (Drama en Teaterstudies) by Stellenbosch Universiteit.

Is Simoné Pretorius getroud? Ja! Jy mag haar dalk ken as Simoné Nortmann.

Kan sy my leer toneel speel? Ja, sy bied 'n drama werkswinkel aan genaamd Art of Acting, wat in Pretoria plaasvind. 

Wat is haar Kersfeesplanne? Simoné het 'n twee-en-'n-halfjaar ouer peuter, en sy verwag haar tweede kind in Januarie 2024, so sy gaan Kersfees in die swembad spaneer, "soos 'n walrus of 'n moordvalvis, ek gaan net my vingers klap vir mocktails." 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories