'SWIRL': Nuwe Afrikaanse fliek binnekort op kykNET & Kie

'SWIRL': Nuwe Afrikaanse fliek binnekort op kykNET & Kie

'SWIRL' word Sondag 21 Maart 2021 om 20:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai.

swirl
Verskaf.

Quanita Adams ('Sara se Geheim', 'Arendsvlei') is die skrywer en regisseur van 'SWIRL' – ’n eerste vir hierdie veelsydige Suid-Afrikaanse kunstenaar.

READ ALSO: Aandag alle blomliefhebbers: 'Die Groenste Vingers' binnekort op kykNET

SWIRL is ’n liefdesbrief vir hare, spesifiek hare op die Kaapse Vlakte. Alhoewel dit een jong vrou se storie vertel, is dit regtig ons almal se storie. Dis oor ons oumas, ma’s en dogters. Dit ondersoek idees rondom “goeie hare” asook om “ordentlik” te lyk,” sê sy.

Adams beskryf haar eie hare in menigte aspekte.

“My hare is my politiek, my feminisme, my mode, my teenkanting, my identiteit, my verdediging, my als en my niks in besonders... Dis complicated!”

Die rolverdeling van 'SWIRL' sluit in, onder andere, Chanelle Davids, Vinette Ebrahim, Shaleen Surtie Richards, Ilse Klink, enBianca Flanders.

KYK DIE LOKPRENT HIERONDER:

’n Liefdesbrief vir hare op die Kaapse Vlakte

Sedert ’n jong ouderdom was Elaine Williams frustreerd met haar eie hare. Sodoende por sy haarself aan om ’n loopbaan te bou om vir andere te doen wat sy vir haarself geleer het – om jou hare in onderdanigheid te tem! Nadat sy uit RAVEN, die befaamde haarsalon en kollege, geskop word, moet sy elke sent omdraai terwyl sy toekyk hoe haar droom om haar eie haarsalon te besit, stadig maar seker verdwyn...

Die stres eis ’n tol op hierdie 20-jarige en dis nie nie al wat van haar verdwyn nie. Sy moet dan ’n moeilike besluit neem soos die modegeure in haarsorg ’n dramatiese skuif na die omarming van natuurlike hare teweegbring. Skielik raak sy daarna aangetrokke maar om vorentoe te beweeg blyk steeds om ’n uitdagende proses te wees. En indien sy voortbou op haar nuwe pad, sal sy haar rug kan draai op haar groot droom?

'SWIRL' wys Sondag 21 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en sal ook beskikbaar wees op Showmax.

Show's Stories