‘My pa is my super hero’ - seun na oorlede pa sy hospitaal bed aan ander afstaan
Updated | By Nathan Daniels & Karabo Tebele
Dirkie Rademan het sy pa Dirk as sy held beskryf nadat hy besluit het om ‘n hospitaal bed aan ‘n ander Covid-19 pasient af te staan.
“Sy laaste taak was om sy bed op te gee om iemand anders se lewe te red,” het die 21-jarige Dirkie aan Jacaranda FM vertel.
Sy pa Dirk Rademan, van Middelburg in Mpumalanga, is verlede week weens Covid-19 dood nadat hy ‘n beskikbare bed in ‘n waakeenheid afgestaan het.
Dirk het ook HTS Middelburg se rugbyspan afgerig.
Dirkie sê dokters het sy pa aangemoedig om na die waakeenheid te skuif, maar “hy het net gesê daar is iemand wat sieker as ek is”.
Twee dae voor sy afsterwe het sy ma Kackie haar man in die hospitaal besoek.
Die dokters het haar aangemoedig om haar man te oorreed om in die waakeenheid opgeneem te word nadat sy toestand verder verswak het.
“Toe ek hoor hy het sy bed opgegee, ek was nie kwaad gewees nie. Ek was nie eers veras gewees nie. Hy het sy lewe opgeoffer vir iemand anders. Ek klasifiseer hom as my ‘super hero’,” sê Dirkie.
ALSO READ: Argentina stun Blitzboks at Tokyo Olympics
Show's Stories
-
Plans to crackdown on spam calls in South Africa
If you are as tired of receiving multiple spam calls daily as we are, he...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 10 hours ago -
LOOK: R430,000 for one night in South Africa's most expensive Airbnb
From butlers to private aeroplane runways, these lavish listings are bri...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 12 hours ago