[VIDEO] Kriel ‘is ‘n genadedorp’

[VIDEO] Kriel ‘is ‘n genadedorp’

‘n Verslag van die omgewingsdrukgroep Greenpeace toon dat Kriel in Mpumalanga tweede op die lys van plekke ter werêld is waar die meeste swaeldioksiedbesoedeling voorkom.

Kriel pollution at night
Picture by: Dean Paulse

Inwoners van Kriel is verdeeld oor die besoedeling in die area en of dit as ‘n probleem bestempel moet word.


Word daar oordryf of is daar ‘n ernstige probleem wat hok geslaan moet word?


Jacaranda FM Nuus het Kriel Dinsdag besoek om eerstehandse ervaring te kry.


“Kriel is ‘n genadedorp want hy verskaf vir duisende mense werksgeleenthede,” so sê ‘n bejaarde vrou wat al vir meer as 20 jaar in Kiel woon.


“Dit is ‘n opblaas storie, want die mense wat nou kla het nooit voorheen klagtes gehad het, skielik kom Jacaranda en almal het probleme.”


Dit terwyl ‘n vrou wat sedert 1981 in die dorp woon die besoedeling as ‘n ernstige probleem bestempel het.


“Ek het al gegaan dat hulle water van my longe af trek, ek het keel probleme gedurig en het asma opgetel en my skuldkliere het gewasse gemaak.”



ALSO READ: "Kriel is an emergency and people are dying" - Greenpeace senior climate and energy campaign manager


‘n Verslag van die omgewingsdrukgroep, Greenpeace toon dat Kriel tweede op die lys van plekke ter werêld is waar die meeste swaeldioksiedbesoedeling voorkom.


 


Luidens die verslag is daar ‘n totaal van 3 300 sterftes werêldwyd per jaar as gevolg van swaeldioksied.


 


Maatskaplike werker en bestuurder van die Kosmos Kinderhuis Lettie Swart sê inwoners van Kriel is verdeeld oor die lugbesoedeling probleem in die dorp.



ALSO READ: Kriel: Second most highly polluted hotspot in the world

 


Daar is 12 steenkoolaangedrewe myne of kragsentrales in die sogenaamde Hoëveld Prioriteitsarea.


 

Show's Stories