Vloedskade kan tot noodtoestand in Namakwaland lei

Vloedskade kan tot noodtoestand in Namakwaland lei

Die afgelope twee weke se ongekende hoeveelheid reën het alle riviere en strome laat vloei - soveel só dat grootskaalse oorstromings en skade in veral die Nama Khoi-munisipale gebied by Springbok aangerig is.

NC_Flooding
Facebook: Veronica Van Dyk

’n Plaaslike noodtoestand kan moontlik in dele van die Namakwa afgekondig word weens vloedskade.


Die afgelope twee weke se ongekende hoeveelheid reën het alle riviere en strome laat vloei - soveel só dat grootskaalse oorstromings en skade in veral die Nama Khoi-munisipale gebied by Springbok aangerig is.


Volgens die munisipale woordvoerder, Jason Milford, was daar moonltik ook lewensverliese.


LEES OOK: Durban storm: Six people still missing


Randall Cable van die nasionale padagentskap, SANRAL, het bevestig dat die N7 duskant die Vioolsdrift-grenspos (Vyf Myl Poort), Donderdag (29/5) gesluit was die week weens hewige padverspoelings.


Motoriste uit Namibië was genoodsaak om deur Alexanderbaai-grenspos na Suid-Afrika te reis.


Weens die swaar reën het ’n gedeelte van die Spektakelbergpas na Komaggas en Kleinzee ook weggespoel. ’n Brug het ook Donderdagaand in Kleinzee meegegee, volgens Veronica van Dyk, LP vir Namakwaland.


Volgens die polisie op Komaggas was een persoon Woensdag op ’n trekker meegesleur en nog nie gevind nie.


’n Brug het ook Donderdagaand in Kleinzee meegegee. 


In ’n ander voorval het die water ses persone in ’n voertuig oorval. Twee was ongedeerd en die ander vier word steeds vermis.


Reddingswerkers het intussen een persoon gered wat in ’n boom geskuil het.


’n Ander persoon wat die rivier wou oorsteek, word steeds vermis, volgens inwoners.


Die plaaslike Nama Khoi-munisipaliteit is tans in konsultasie om ’n plaaslike noodtoestand te verklaar, volgens Milford. Hulle hoop op provinsiale en nasionale hulp weens skade van miljoene rande.

Show's Stories