Werkers wat Covid inenting weier kan tugstappe in die gesig staar

Werkers wat Covid inenting weier kan tugstappe in die gesig staar

Die regering waarsku werkernemers kan disiplinêr verhoor word indien hulle ‘n beleid van verpligte Covid-19-inentings in die werksplek verontagsaam.

UPDATE: Vaccinated South African workers with side effects get paid leave
Pixabay

Arbeids Minister Thulas Nxesi het die media Woensdag in Pretoria toegespreek.


Hy het ‘n reeks kwessies aangeraak, waaronder die finansiële verligting vir werkers wat deur die onlangse onrus geraak is.


Die tameletjie oor verpligte Covid-19-inentings in die werksplek het ook aandag geniet.


Daar is benadruk dat huidige wetgewing werkgewers verplig om die werksplek vir werknemers en kliente te beveilig.


Sake-eienaars is reeds verplig om maatreëls in plek te stel om die verspreiding van Covid-19 te verhoed.


Die direkteur-generaal van die departement, Thobile Lamathi, sê gesprekke met werknemers is die vertrekpunt indien maatskappye van plan is om ‘n verpligte Covid-19-inentingsbeleid in te stel.


Die huidige strukture van ‘n maatskappy, insluitend die Covid-19 veiligheids- en nakomingsbeampte en menslike hulpbronne departement, is verantwoordelik vir die proses om insae van werkers te bekom.


‘n Risiko analise sal ook deur die maatskappy uitgevoer moet word. Ondersoek word ingestel na faktore soos kontak van werkers, en diè met die publiek asook die bedrywighede van die maatskappy.


LEES: Basic Education denies ’no jab, no job’ claims


Werkers kan ‘n klag in die gesig staar indien die beleid nie nagekom word nie.


"Indien jy nie met die risikobeperkende stappe wat by 'n werkplek bespreek en ooreengekom is, nakom nie, kan dit dissiplinêre gevolge inhou," sê Lamathi.


Lamathi het bygevoeg dat ‘n werknemer nie verplig kan word om ‘n Covid-19 inenting te neem nie indien hy of sy nie ook bewus gemaak was van die gevare van enstowwe nie.


Dit terwyl Nxesi ‘n beroep op werkgewers gedoen het om daadwerklik met werknemers te raad te pleeg.


“In die proses van bespreking sal daar kompromieë plaasvind en aan die einde van alles – billikheid behoort te heers. Nie dreigemente nie, geen mag nie.


LEES: Nxesi offers special relief to 75K workers who could lose jobs following unrest


“Daar sal verskille wees, maar ons sê altyd; omdat mense nie 'n monoliet is nie, hulle dink nie dieselfde nie, soos water nie in dieselfde rigting vloei nie. Hulle sal verskillende verskille hê, maar hulle moet op alle maniere probeer onderhandel en bespreek totdat die koeie weer huis toe kom,” het Nxesi gepleit.

Klank versamel deur Nokukhanya N Mntambo.

Show's Stories