Bekende aktrise sterf in haar slaap

Bekende aktrise sterf in haar slaap

Aktrise Franci Swanepoel is Saterdagaand op die ouderdom van 50 oorlede. 

Franci Swanepoel
Supplied

Aktrise Franci Swanepoel wat bekend is vir haar rol as Toeks Joubert in die bekende Afrikaanse-sepie, 'Binnerlanders', is na berigte Saterdag 15 Oktober in haar slaap oorlede. 

Lindi Herbst, publisiteit spesialis vir MultiChoice het die skokkende nuus Sondagaand (16 Oktober) aan Jacaranda FM bevestig. 

Friday Live: Jo Black sing akoestiese weergawe van sy treffer 'Sê My Mamma'

Aktrise Lizz Meiring het ook die nuus besvestig. 

Daar is tans geen verdere besonderhede oor Swanepoel se afsterwe nie. 

LEES: Clare Wiese-Wentzel deel opwindende nuus

Swanepoel was ook te sien in ander bekende sepies soos 'Getroud Met Rugby' en 'Spoorloos'. Sy was ook te sien as 'n aanbieder op Fiësta. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories