Bekende laerskool in Brakpan spog met 24 tweelingpare

Bekende laerskool in Brakpan spog met 24 tweelingpare

Laerskool Die Arend in Brakpan, Gauteng spog vanjaar met 24 tweelingepare!

DIE AREND TWEELINGPARE
Facebook/ Skermgreep

Laerskool Die Arend in Brakpan, Gauteng, het onlangs 'n plasing op hulle amptelike Facebook-blad gedeel waar hulle spog met 24 tweelingpare in die nuwe skooljaar. 

KYK: Rassie Erasmus deel foto's van brandwonde na fratsongeluk

"Die Arend is die jaar vol tweelinge en die personeel moet maar mooi kyk. Ons spog die jaar met 24 tweeling pare," skryf die spogskool op Facebook. 

Kyk hier:

Volgens Netwerk24 strek die tweelinge vanaf gr. R tot gr. 7.

Die graadeens, graaddries en graadsewes spog met die meeste tweelinge, elk met vier pare tweelings.

In gr. 5 en 6 is daar drie tweelingpare en daar is twee tweelingpare in gr. R, gr. 2 en gr. 4.

KYK: Tannie van Middelburg spog met unieke danspassies by petrolstasie

Troste ouers en lede van die skool het ook kommentaar op die plasing gelos. 

"Ek voel hierdie ouers moet afslag kry op skoolfonds." 

"Besonderse foto! Hierdie trotse ouma het ook darem n 2ling daar in die agterste ry. Ruben en Arno is trotse Aries," skryf Heila Magdalena Strydom. 

"Ons 2 is nie in die foto nie, want hulle altwee het nie die aankondiging gehoor nie,'" skryf Shaun De Hoog.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories