KYK: Bekende sanger gehospitaliseer vir onbekende siekte

KYK: Bekende sanger gehospitaliseer vir onbekende siekte

Díe Suid-Afrikaanse sanger het onlangs foto's van homself in die hospitaal gedeel.

DIRK VAN DER WESTHUIZEN HOSIPITAAL
Facebook/ Dirk van der Westhuizen

Suid-Afrikaanse sanger Dirk van der Westhuizen het Maandag foto's op sosiale media gedeel waar hy aangekondig het dat hy gehospitaliseer is.

Van der Westhuizen het 'n foto gedeel waar hy op die hospitaalbed lê en daarby geskryf dat hy erge hoofpyn en lyfpyn het, sowel as ‘n baie hoë infeksietelling. Ander simptome sluit ook in naarheid en duisligheid.

"Dis scary hoe vinnig dinge kan verander - dag twee in die hospitaal en nog nie seker wat fout is nie," skryf die sanger.

KYK: Handré Pollard deel eerste foto van babaseuntjie

"Dink nie my kop en lyf het al ooit so gepyn nie. Die papierwerk sê: 'Unspecified acute lower respiratory infection'."

Die bekende sanger wie onlangs sy nuutste enkelsnit 'Komeet' vrygestel het, het wel nie hoop verloor nie en skryf daar is altyd iets om voor dankbaar te wees.

"Die lewe hardloop so vinnig by mens verby dat mens soms vergeet om regtig elke oomblik te waardeer en voluit te leef."

"Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees en altyd 'n rede om te smile."

KYK: Dirk van der Westhuizen bewaarheid kankerpasiënt se droom

'n Ander foto wat die 'Gooi Jou Suiker Op My'-sanger gedeel het wys waar hy suurstofmasker dra. In die plasing het sy aanhangers bedank vir al die "boodskappe en gebede".

Van der Westhuizen het ook ander Suid-Afrikanser gewaarsku teen die siekte.

"Hierdie virus is aaklig en ek hoor baie mense raak nou siek. Pas julle asb mooi op," het hy geskryf.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories