'Dricus het nog nooit so goed gevoel nie,' sê Radioraps voor Strickland geveg

'Dricus het nog nooit so goed gevoel nie,' sê Radioraps voor Strickland geveg

Sean Strickland weet nie wat ons weet nie, Suid-Afrika.

Martin, team, radio raps and Dricus du Plessis
Jacaranda FM

Breakfast with Martin Bester het met Rikus 'Radioraps' de Beer gesels oor die opkommende UFC-geveg tussen MMA-ster Dricus du Plessis en Amerikaner Sean Strickland.

Radioraps vertel dat hy en Du Plessis tans in Kanada is vir die groot geveg wat die naweek by die Scotiabank Arena in Kanada plaasvind.

KYK: Verwag Mej. Wêreld Rolene Strauss 'n babadogter?

"Lekker Marty my party. Dricus obviously slaap al en hy is reg vir die groot aksie."

De Beer het ook vertel dat die gees tans hoog is onder ander Suid-Afrikaners wat ook tans in Kanada is.

Dricus is glo in die beste "shape" van sy lewe en voel die beste wat hy nog gevoel het.

"Hy is reg… ons is reg en ek het geen twyfel nie. Ek dink nie die wêreld weet wat ons weet nie."

KYK: Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

Suid-Afrikaners kan die geveg tussen Du Plessis en Strickland Sondag, 21 Januarie om 05:00 die oggend op SuperSport kyk.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories