'Ek en Anna sou vandag getrou het' - 'Binnelanders' akteur

'Ek en Anna sou vandag getrou het' - 'Binnelanders' akteur

Die koronavirus is binne die grense van die land en voorsorgmaatreëls is tans in plek, dit is hoekom Reynardt Hugo nie kon trou nie.

Reynardt Hugo Breakfast
Reynardt Hugo/Instagram

Martin Bester het op die twaalfde dag van die nationale lockdown met akteur en sanger, Reynardt Hugo gesels oor sy troue wat hy en sy verloofde, Anna, moes uitstel.

"Hoe ‘n crazy tyd is hierdie! Ons sou Saterdag getrou het en sou 6 April 2020 op honeymoon gegaan het. Dit sou Anna se eerste keer oorsee gewees het," bieg Reynardt.

"Toe ons gehoor het ons moes ons troue cancel, toe moes ons vrede maak daarmee."

READ: #StayAtHomeLive: Karen Zoid performs 'Kwarantyn Jane' on Breakfast with Martin Bester

Hoe gemaak met werk? "Ons skiet nie op die oomblik vir 'Binnelanders' nie. Gelukkig is ons ‘n paar maande vooruit."

Die akteur sien die positiewe in die situasie en meen dat die paartjie nou 'n tweede kans het om 'n troue te reël.

View this post on Instagram

Ek en anna sou vandag getrou het. Vandag was n moeilike dag gewees. Ons het so uitgesien om vandag trou aan mekaar te beloof na soveel jare van hartseer, uitdagings en uiteindelik oorwinning. Maar ek staan vandag langs jou, hier in ons loft in Johannesburg en ons het mekaar. Ten spyte van wat daarbuite aangaan. Ek het besef hoe belangrik spanwerk is en dat n mens ongeag wat, bymekaar moet staan deur dik en dun. Anna, ek kies jou elke dag en sien uit na die dag wat ons uiteindelik daardie belofte maak! Dankie vir elkeen se persoonlike boodskappe, dit beteken die wêreld. Sterkte vir almal wat ook deur persoonlike challenges gaan, ons bid vir krag en wysheid. One love ❤️ @anmareroothman

A post shared by REYNARDT HUGO (@reynardthugo) on

Show's Stories