"Gewone" Chinese vaas verkoop per ongeluk vir 4000 keer sy regte waarde

"Gewone" Chinese vaas verkoop per ongeluk vir 4000 keer sy regte waarde

'n Chinese vaas is teen vierduisend keer, R161-miljoen, sy werklike waarde, deur 'n Franse afslaer verkoop.

Chinese Vase
Twitter/ Screenshot

'n Fraanse afslaer het 'n Chinese vaas verkoop vir meer as €9,121,00 (R161-miljoen). 

Volgens Maroela Media, was die vaas se verwagte verkoopprys eintlik tussen €1,500 en €2000 (R26,000 en R35,000).

EKSKLUSIEF: 'Die Real Housewives van Pretoria' verklap al reeds geheime

Die blou-en-wit Tinaquiping-vaas is op 'n veiling deur Osenat-afslaers in Fontainebleau naby Parys, Frankryk verkoop. 

Maroela Media berig dat die kopers op die veilig oortuig was dat die porseleinvaas 'n duursame en seldsame artefak was. 

Die Chinese vaas is deur die eienaars verkoop nadat dit saam ander items in hulle ouma se huis in Brittany, Frankryk gevind is.

LEES: Bekende musikant gediagnoseer met breinkanker

Aangesien, die vaas van Chinese oorsprong is, was meeste van die potensiële kopers vanuit China. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories