Martin Bester kry trou-'dates' vir dié twee vriendinne

Martin Bester kry trou-'dates' vir dié twee vriendinne

Is jy enkellopend of het jy 'n broer, 'n vriend of 'n neef wat is? Hierdie twee vroue is opsoek na metgeselle na 'n troue in November!

Marunelle Hitge and Janke Mulder
Supplied

Janke Mulder (26) en Marunelle Hitge (27) het onlangs 'n advertensie op Facebook geplaas, opsoek na metgeselle vir 'n troue in November. 

Hitge, 'n prokereur van Mbombela en Mulder 'n lektor in Afrikaans in Pretoria het besluit om seker te maak dat hulle nie wèèr sonder metgeselle na 'n troue toe gaan nie. 

LEES: VIA is opsoek na SA se top-trouvrou in nuwe program

Die advertensie-plasing het presies uiteengesit waaraan hierdie metgeselle moet voldoen en 'boerseuns' kry glo pluspunte as hulle aansoek doen. 

Op 'n twee-uur-lange video-oproep het die Hitge en Mulder hulle plan beraam om metgeselle op te spoor vir díe troue. 

Hierdie advertensie het ook 'n skakel na 'n aanlyn aansoekvorm ingesluit. Die aansoekvorm sluit vrae in soos: Kan jy sokkie? Skryf jou beste pick-up line hier neer en Bier of Brannewyn?

KYK: Amor Vittone praat eksklusief oor haar huwelik met Joost van der Westhuizen

Die plasing het gou versprei regoor sosiale media en Donderdag 7 September het hulle in 'n onderhoud met Martin Bester alles gedeel oor die plasing wat Suid-Afrika laat gons het. 

Martin Bester en die span het die twee vriendinne gehelp om metgeselle te kry vir die troue. 

Metgesel advertensie
Facebook/ Marunelle Hitge

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories