KYK: Amor Vittone praat eksklusief oor haar huwelik met Joost van der Westhuizen

KYK: Amor Vittone praat eksklusief oor haar huwelik met Joost van der Westhuizen

In 'n eksklusiewe onderhoud, praat Amor Vittone openlik oor haar huwelik met Joost van der Westhuizen, dié seksskandaal en sy hartseer dood. 

Amor Vittone
Kwela/ YouTube

Die geliefde aktrise en sangeres, Amor Vittone en rugbyheld, Joost van der Westhuizen was Suid-Afrika se eie Victoria en David Beckham. 

LEES: Middelburg vrou se man sterf twee dae na troue

Hulle lewe was in die kollig en daar was elke dag oor hulle geskryf en gespraat. 

Na Van der Westhuizen se skok-skandaal en skielike siekte - was dit nie altyd maklik vir Vittone. 

Verlede maand het Vittone 'n emosionele-video gedeel en gereflekteer oor hoe sy deur 'n moeilike tydperk in haar lewe gegaan het.

Die video het opslae op sosiale media gemaak.

LEES: Man toets positief vir MIV, COVID-19 en aappokke na vakansie

Vittone het tydens die video erken dat sy finansiële probleme gehad het en tans vasgevang is in 'n testamentdispuut met haar eksman Joost van der Westhuizen se boedel.

Vittone en Van der Westhuizen was vir 15 jaar getroud en het twee kinders saam.

Vittone het haar ervaring op sosiale media gedeel en hoe dit haar geestelik, emosioneel en finansieël raak.

In 'n eksklusiewe ondershoud met 'Kwela' se Hannes van Wyk, het Vittone openlik gepraat oor huwelik met Joost van der Westhuizen. 

"Ek is steeds lief vir Joost. Hy is 'n legende.

LEES: Boer Niel van 'Boer Soek 'n Vrou' verwelkom baba

"Ons was heeltemal gelukkig - en ek en Joost het baie gelag."

Vittone het ook gepraat oor die skokkende seksskandaal. 

Volgens Vittone, het joernaliste haar gewaarsku oor Van der Westhuizen se skandaal, maar sy het hulle nie geglo nie. Van der Westhuizen dit eers ontken. Sy het hom geglo en steeds by hom gebly.

"Hoekom sal ek die media glo en nie my man nie."

Na die skokskandaal, het hy haar gedagvaar vir 'n egskeiding en die paartjie se paaie het geskei. Maar na hy gediagnoseer was met motorneuronsiekte (MNS) - het hy besluit om terug te trek om by Vittone en die kinders te wees. 

"Ek was die verpleegster." 

*Die volledige onderhoud is binnekort op YouTube te vind.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories