KYK: Boer Niel van 'Boer Soek 'n Vrou' verwelkom baba
Updated | By Jacaranda FM
Boer Niel Bruwer en sy vrou Chereze, van die gewilde kykNET-program 'Boer Soek 'n Vrou', se babadogtertjie is uiteindelik hier!

Niel Bruwer, 'n vrugteboer van Prince Alfred Hamlet, in die Wes-Kaap, het verlede jaar verloof geraak aan Chereze Maree.
LEES: Michael Jackson se kinders maak verrassende verskyning
Bruwer het op die vorige seisoen van die gewilde kykNET-program, 'Boer Soek 'n Vrou', verskyn.
Die paartjie het in Julie 2021 verloof geraak - en het vroeër die jaar die opwindende nuus op sosiale media gedeel dat hulle 'n babadogtertjie verwag.
LEES: 'Ontbytsake' se Corli Botha deel groot nuus
"Daars nie woorde om die opwinding, die dankbaarheid en die groot seën te beskryf nie," het Bruwer toe op Instagram genoem.
Nege maande later, en die paartjie het hul eersteling, Catrine, verwelkom.
LEES: “Hierdie program is ongewoon en iets anders"
Klein Catrine is Worcester Mediclinic gebore.
"Vir baie 'n gewone dag, vir ons, een van wonderwerke," het Bruwer op Instagram geskryf.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Man shares a fail with his chocolate advent calendar
What's the point if the chocolate isn't where it's supposed to be?
The Workzone with Alex Jay 1 day, 13 hours ago -
This toddler was so ready for his first Casper slide dance
December is the month to put on your dancing shoes...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 13 hours ago