Middelburg vrou se man sterf twee dae na troue
Updated | By Jacaranda FM
Sy was net twee dae lank getroud, toe haar man onverwags aan 'n hartaanval sterf.

Nóóit het Yvette Jones (36) gedink dat sy haar man gedurende hul wittebrood sal verloor nie.
LEES: Man toets positief vir MIV, COVID-19 en aappokke na vakansie
Sy en haar man Pieter (32) was net twee dae lank getroud toe hy Sondag ewe skielik aan 'n hartaanval gesterf het.
Die Jones-paartjie was op wittebrood by Mount Amazi in Hartbeespoort in Noordwes.
LEES: 'Kinders het geen respek' - Skryf skool aan ouers
Volgens berigte, het Pieter die troue as verrassing vir Yvette gereël, omdat hul hul troueplanne gedurende COVID-19 moes stop.
Pieter was Donderdag in hul tuisdorp in Middelburg begrawe.
LEES: Engelse-onderwyser spandeer R1-miljoen om soos Kim Kardashian te lyk
Dieselfde dominee wat hulle in die huwelik bevestig het, het hom ook begrawe.
Volgens Maroela Media, was hy onlangs siek met varkgriep, en 'n paar dae voor die troudag het hy begin sleg voel, maar was betyds gesond om troue te hou.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Woman shows how many Easter eggs she bought
How much is too much when it comes to buying Easter eggs?
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
Enjoy a rainbow Easter weekend at Melrose Arch
This weekend, Melrose Arch transforms into a wonderland of colour and f...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 3 hours ago