'Molly en Wors'-aktrise deel groot nuus!

'Molly en Wors'-aktrise deel groot nuus!

Carien Botha, meer bekend vir haar rol as 'Blapsie' in die kykNET-reeks 'Molly en Wors', het onlangs opwindende nuus op sosiale media gedeel.

'Molly en Wors'-aktrise deel groot nuus!
Instagram/ Skermgreep

Die 36-jarige aktrise het onlangs 'n foto op Instagram gedeel van vier kerssokkies wat op 'n boekrak hang.

Op elk van die sokkies het 'n naam gestaan (Lloyd, Carien en Sion), maar op die vierdie een was geskryf: "Mei 2024". 

LUISTER: Hy hou meer van gholf, sê dansende sewejarige

"Die fees seisoen het sommer meer spesiaal geword en graag deel ons die opwindende nuus dat ons familie nog n dewetter by kry," het die aktrise op haar plasing geksryf.

Botha en haar man Lloyd DeWet is in Julie vanjaar getroud en hulle het reeds een kind, Sion (3), saam.

Volgens Netwerk 24, het die paartjie agter gekom dat Sion 'n maatjie soek. 

"Ek dink die Here kom plaas dit op jou hart dat jy nóg 'n kind moet kry. En Hy kweek daardie verlange."

Carien het besluit om 'n swangerskapstoets te koop toe sy besef "almal en alles" irriteer haar. Die resultaat was positief.

"Ek het eers gewonder of hierdie goedkoop toets die waarheid praat," sê Carien. 

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Willem en Sanel spog met babadogter

Netwerk 24 berig dat sy toe weer winkel toe is, vir 'n duurder toets, om seker te maak.

"Ek kon nie na die stokkie kyk terwyl ons vir die uitslae gewag het nie – ek was so senuagtig," vertel sy.  

Haar man Lloyd wat haar bygestaan het deur die tweede toets, moes toe die nuus aan haar breek:

"'Hy sê toe vir my geluk, Liefie, ons is weer swanger.'"

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories