"Sy's 'n goeie mens" - Meghan Markle wen nóg 'n toekenning

"Sy's 'n goeie mens" - Meghan Markle wen nóg 'n toekenning

Nie te lank na die Hertogin van Sussex Meghan Markle haar 'Women of Vision Award' in New York ontvang het nie was sy en haar man Prins Harry amper in 'n grusame ongeluk. 

meghan markle
Twitter/ Screenshot

Die Hertogin van Sussex het koppe laat draai in 'n glansende, goue rok by die 'Woman of Vision Awards' in New York City.

Die 41-jarige het die glansaand bygewoon om haar 'Woman of Vision'-toekenning te ontvang vir haar werk om jong vroue en dogters te bemagtig. 

READ: "Charlize Theron kan my kom opf*k," sê joernalis

Markle het die toekenning ontvang slegs oomblikke voor sy en Prins Harry amper in grusame ongeluk was na hulle moes weg jaag vir papparazzi. 

Markle, wat 'n goue Johanna Ortix-rok gedra het, was deur haar man Prins Harry sowel as haar ma Doria Ragland by die gala-ete vergesel.

Volgens PEOPLE, het Gloria Steinem, mede-stigter van 'Ms. Foundation for Women' die toekenning aan Markle oorhandig.

Steinem het ook aan PEOPLE gesê dat die Hertogin van Sussex 'n 'goeie mens is'.

KYK: Hollywood-ster dra Gert-Johan Coetzee rok op rooitapyt

"Ek is nie 'n kenner van media nie, maar dit wil vir my lyk dat sy baie anders is as wat die media haar uitmaak." 

"Sy is slim en snaaks en toegewy aan sosiale kwessies."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories