Centurion laerskool spog met 30 linge
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Nóg 'n plaaslike laerskool het die nuwe skooljaar met 'n besonderse aantal linge begin!

Laerskool Wierdapark in Centurion, Gauteng, het onlangs 'n plasing op hulle amptelike Facebook-blad gedeel waar hulle spog met 30 stelle linge in die nuwe skooljaar.
KYK: Bekende laerskool in Brakpan spog met 24 tweelingpare
Díe skool het ook foto's van die unieke gebeurtenis op Facebook gedeel.
Kyk hier:
"Laerskool Wierdapark spog die jaar met 29 stelle tweelinge en 'n drieling," het die skool op die plasing gekryf.
Die 29 stelle tweelinge strek vanaf gr. R tot gr. 7 en die drieling Magnus, Jurgen en Isabella Vorster is in graad 7.
KYK: 'Molly en Wors' se 'Blapsie' deel geslag van baba
Volgens Christi Gill se kommentaar op die plasing is daar selfs 'n juffrou in die skool wat ook met 'n tweeling swanger is.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Facebook/ Laerskool Wierdapark
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Volkswagen SA wants YOU to name its new SUV!
There are four options, but only one can win...
The Drive with Rob & Roz 14 minutes ago -
LOOK: "Priceless" original rare designer bag set for auction
Iconic auction house Sotheby's has released a statement saying this sale...
The Drive with Rob & Roz an hour ago