Jo Black neem Brendan Peyper onder sy vlerk in nuutste seisoen van 'Op My Eish!'

Jo Black neem Brendan Peyper onder sy vlerk in nuutste seisoen van 'Op My Eish!'

Wanneer jy liefde soek, het jy so nou en dan ’n klankbord nodig; iemand wat jou baie goed ken en jou belange op die hart dra. 

Jo Black neem Brendan onder sy vlerk in nuutste seisoen van 'Op My Eish!'
Verskaf/kykNET

Wanneer jy op die koop toe in die openbare oog liefde soek, het jy meer as net raad nodig. Jy soek ’n vertroueling, ’n goeie vriend, iemand wat dalk net daardie klein bietjie ouer en wyser as jy is.

LEES: EKSKLUSIEF: Derick Hougaard praat oor noue ontkoming met die dood

Dit is presies wat Jo Black vir Brendan Peyper is. Daarom het die ewe bekende 41-jarige Jo ingestem om Brendan (27) se wingman vir die nuwe seisoen van 'Op My Eish!' te wees. 

LEES: KYK: Sexy Brendan Peyper opsoek na liefde

“Die feit dat ons goeie vriende is en die vrymoedigheid van ’n pa-en-seun verhouding het,” sê Jo maak van hom ’n goeie wingman vir Brendan. “Omdat ek self in die industrie werk, is dit makliker om hom in ’n positiewe rigting te stuur en sy voete op die grond te hou. Danksy ons openhartige verhouding, gaan hy dit ook makliker van my op die ken vat.”

Vir Jo is objektiewe advies ’n wingman se belangrikste taak. “Dan moet jy betroubaar, lojaal en ondersteunend wees.”

“’n Wingman se uitsluitlike doel is om die vrygesel in ’n goeie lig te stel en die ys te breek met die eerste ontmoetings,” sê Jaco. “Hy leer ook self die vrou ken om só vir ons vrygesel goeie raad te gee.” 

LEES: EKSKLUSIEF: Rian van Heerden deel opwindende nuus op Jacaranda FM

Wat hoop Jo kry Brendan uit die reeks? 

“Ek weet wat dit beteken om ’n goeie vrou te hê, veral in hierdie bedryf,” sê hy. “As kunstenaar kry die wêreld altyd die beste van jou, maar jy kort iemand wat die stukke kan optel wanneer jy self op die vloer is.” 

Waarna sien Jo die meeste uit?

“Om te sien of iemand dit regkry om Brendan se voete onder hom uit te slaan en hopelik die kans te kry om een van die mooiste liefdesverhale te sien ontvou,” sê hy.

“Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie,” sê Brendan. “Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie.”

Is jy dalk die vrou waarop Brendan nog altyd gewag het? Skryf in hier.

Onthou om die volgende gereed te hê voor jy met die inskryfproses begin.

  1. Twee onlangse kleurfoto’s van jouself – een kop-en-skouers- en een vollengtefoto.
  2. ’n Afskrif van jou ID-dokument om te wys dat jy ouer as 21 is.
  3. Neem ook ’n kort video van jouself waarin jy jouself beskryf. Vertel meer oor jou familie, vriende, hoekom jy dink Brendan die man van jou drome is en wat jy uit ’n verhouding verwag. Die video moet opwindend wees, maar onder twee minute lank en daar moet geen musiek gebruik word nie.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf/kykNET

Show's Stories