KYK: Melinda Bam deel foto's van pragtige babatee

KYK: Melinda Bam deel foto's van pragtige babatee

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en toekomstige ma het die dag met familie en vriende gevier. 

Melinda Bam and her husband
Melinda Bam and her husband / IG

Voormalige Mej. Suid-Afrika Melinda Bam het in Oktober 2022 aangekondig dat sy en haar man, Adriaan Bergh, hulle eerste baba verwag.

READ: Kylie Jenner has been dethroned as the most followed woman on Instagram

Dit kom nadat hulle ongelukkig in 2021 'n miskraam gehad het.

Nou met die aankoms van hulle nuwe familielid, Ruach, 'n seuntjie, haastig oppad het sy hierdie week haar swangerskap gevier met haar geliefdes by 'n pragtige babatee.

Sy het op sosiale media die foto's gedeel van die geleentheid en het sielsgelukkig gelyk.

READ: Beyoncé's clothing line causes revenue loss for Adidas

In haar Instagram plasing, het sy gesê: "Omring jouself met vroue wat in jou ore waarhede fluister, jou herinner aan hoe sterk jy is, die geraas sal uitdoof, jou toe maak in gebed en gretig is om wysheid te deel, en ook net te luister. Ek het weer by my babatee besef dat ek sulke vroue in my lewe het wat van onskatbare waarde vir my is. Om omring te wees met God-vresende vroue is nog altyd die Vader se hart vir gemeenskap soos Hy dit bedoel het."

Dit was verseker 'n stylvolle affêre met almal in spierwit en Melinda self in 'n lang witrok

Daar is gelukkig nog baie spesiale dae soos hierdie wat vir die familie wag!

Main image co

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories