Moedelose Centurion-ma soek vrou vir haar seun

Moedelose Centurion-ma soek vrou vir haar seun

Rob Forbes en Rozanne McKenzie het Hester van Niekerk se plasing op Facebook gesien en wil haar, en haar seun, help om 'n oplossing te vind.

Ma soek skoondogter vir seun want sy is moeg vir bekommered wees
Supplied

Laasweek het Rob Forbes en Rozanne McKenzie die Facebook-plasing van 'n desperate ma gesien en hulle het dadelik besluit hulle moet intree.

Hester en haar seun, Willem het die hele storie met ons gedeel.

Hier is die onderhoud:

Elke mens bereik 'n tyd in hulle lewe waar hul ouers die standaard vrae begin vra: "Wanneer trou jy?" en "Wanneer kry ek kleinkinders?"

LEES: Samantha Nell and Shannon Esra talk about Netflix movie 'Do Your Worst'

Een ma het nou al so moeg geraak vir haar seun se streke dat sy dit haar werk gemaak het om nou vir hom 'n toepaslike vrou te kry.

Hester van Niekerk se versoek is nie te wild nie. Al wat sy soek is 'n skoondogter wat vir haar seun Willem oor die naweke in toom kan hou, want sy is nie meer lus om heeltyd oor hom te bekommer nie.

LEES: Can your employer control your social media? Expert explains...

https://www.jacarandafm.com/shows/drive/listen-can-your-employer-control-your-social-media-expert-explains/

Volgens Hester ,gaan haar seun elke naweek uit en sy kan hom nooit in die hande kry nie. Sy het nou finaal genoeg gehad en is moeg, sy wil net 'n rustige naweek hê!

Sy het toe besluit om op die Facebook-blad, 'People Who Live In Centurion Area', 'n 'advertensie' te plaas names haar seun en het self gesê belangstellendes kan haar kontak want haar seun is te besig met werk om self te antwoord.

Hester het ook baie duidelik gemaak dat haar seun nie 'n drankprobleem het nie en dat hy dit net baie geniet om te dans, maar hy geniet dit so baie dat hy net vergeet om van hom te laat hoor.

LEES: WATCH: 'The Perilla Leaf Debate' is a dating theory that has caused controversy

Jy kan die volle plasing hier lees:

Ma soek skoondogter vir seun want sy is moeg vir bekommered wees
Facebook/People Who Live In Centurion Area

Hopelik kry Willem binnekort 'n meisie wat kans sien om die verantwoordelikhede oor te neem by sy ma.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories