1 000 000 Unieke kyke vir Early B se 'Ben Ten' video!

1 000 000 Unieke kyke vir Early B se 'Ben Ten' video!

Die immer gewilde en bekroonde kletsrymer, Early B, se musiekvideo Ben Ten het pas 1 000 000 organiese en unieke kyke op YouTube behaal , terwyl sy nuutste musiekvideo, Potte, ook alreeds op die 980 000 merk staan. Sy eerste video, Leka Djy, het byna 1 400 000 views.

 

1 000 000 Unieke kyke vir Early B se 'Ben Ten' video!
Verskaf

Hierdie musiekvideos is al drie prettig en tong-in-die-kies en die aanhangers is absoluut mal daaroor. “Love die lied, ek raak opgewonde as ek hom by die klubs hoor,”  is Timon Lamprey se kommentaar op YouTube, terwyl Bokkom byvoeg, “Jou musiek is aan die brand!” 

Die regie van Ben Ten en Potte se musiekvideos is deur Gerhard van Rooyen behartig, terwyl Early B en sy vriend Virgil Jacobs self die regie van Leka Djy behartig het.

LEES OOK: Early B surprises with the best 'braai rap' ahead of Alternatief is Groot 

“Ek wil graag almal bedank wat na die videos gaan kyk het. Veral die Aunties en Ooms wat dalk nie rerig wou kyk nie, maar deurgedruk het omdat hulle kinders dit graag wou kyk. Die videos is defnitief ‘n spanpoging en ons werk baie lekker saam. Ek wil graag die geleentheid gebruik om ‘n paar mense te bedank - Universal Musiek, Starburst Promotions, CMG Entertainment, GVR Productions en Rochelle, my suster, wat my ondersteun in als en my dagboek hanteer. En die belangrikste van almal wil ek graag ons Skepper bedank,” vertel Early B. 

Early B is bekend vir sy spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies. Hy het oor die afgelope 10 jaar, ’n gereelde gesig geword by van die land se grootste feeste en konserte en is baie gewild onder sy aanhangers.  

Early B is geteken by Universal Musiek en woon tans in die mooie Port Elizabeth. In 2017 het hy ‘n Ghoema-toekenning ontvang vir sy treffer, Cerebellum en hy is benoem vir 3 Ghoemas wat in April 2019 plaasvind.

Show's Stories