'Arendsvlei'-akteurs bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

'Arendsvlei'-akteurs bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

Kykers moes verlede week afskeid neem van die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards, toe sy haar laaste verskyning maak in kykNET & kie se eerste telenovelle, 'Arendsvlei', as 'Muriel Foster'.

Shaleen Surtie-Richards & Celeste Matthews
Verskaf/ Shaleen Surtie-Richards & Celeste Matthews

'Muriel Foster', gespeel deur die legendariese aktrise, Shaleen Surtie-Richards, het ’n draai in 'Arendsvlei' kom maak om haar enigste kleinseun se troue by te woon. Maar kort ná die onvergeetlike troue het sy besluit om weer haar goedjies te pak en terug te keer na die skepe waar sy al die jare gewerk het as ’n verpleegster.

LEES: "Die troue simboliseer lig in 'n donker wêreld" - Roberto Kyle van 'Arendsvlei'

Dit was Surtie-Richards sen laaste verskyning op televisie. 

LEES: FOTO’S: kykNET se 'Arendsvlei' vier 500 episodes!

Surtie-Richards het in Junie vanjaar ’n paar dae ná die opname van haar tonele onverwags afgesterf en vir ewig ’n leemte in ons harte gelos.

LEES: KYK: Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging

'n Paar van 'Arendsvlei' se geliefde akteurs het hulde gebring aan die ikoon.

Jolene Martin as 'Beatrice Cupido'

“Om saam met antie Shaleen te werk was ’n droom wat waar geword het. Sy was die eerste een wat Kaaps gepraat het op ’n groot televisiereeks wat ek as kind gekyk het. My mooiste herinneringe van haar sal altyd wees in die bussie wat ons huistoe neem ná ’n dag se verfilming. Sy het altyd staaltjies en waardevolle lesse met ons gedeel. May she Rest In Power."

Celeste Matthews as 'Gertie Cupido'

“Die eens lewenslustige wyle Shaleen Surtie-Richards was enig in haar talent en het ’n groot impak op ons kreatiewe landskap gehad - as 'n geliefde aktrise op ons verhoog én skerms. Shaleen was reguit, sterk, mededingend, ’n spanspeler en ’n geloofwaardige kunstenaar. Sy was ook ’n besonderse vriend en mede-ster, en iemand wat ek sonder twyfel sal mis en aanhou treur."

Crystal Donna Roberts as 'Janice Cupido'

“Wat ek die meeste onthou (op stel) is haar massiewe wysheid met ’n aansteeklike stoute sin vir humor en die oop hart waarmee raad en insig gegee was."

'Arendsvlei' word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Shaleen Surtie-Richards & Celeste Matthews

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories