KYK: Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging

KYK: Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging

Ikoon Shaleen Surtie-Richards se laaste 'Arendsvlei'-episodes begin Donderdag.

Shaleen Surtie-Richards
Verskaf/ kykNET

Shaleen Surtie-Richards (66) was ’n geliefde en gevierde Suid-Afrikaanse ikoon. Sy het in 1988 die ikoniese rol van 'Fiela Komoetie' vertolk in die Katinka Heyns film 'Fiela Se Kind' - ’n grensverskuiwende prestasie vir ’n aktrise van kleur in die hoofrol tydens apartheid Suid-Afrika.

LEES: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

Met haar vertolking van 'Ester “Nenna” Willemse', die geesdriftige opsigter van Marlborough Mansions in die M-Net sepie, 'Egoli: Place of Gold', het sy ’n huishoudelike naam geword. 

Die laaste tonele wat die legendariese aktrise dae voor haar afsterwe opgeneem het, sal hierdie week op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) in die gewilde telenovelle 'Arendsvlei' te sien wees.


Shaleen Surtie-Richards
Verskaf/ kykNET

Die land is geruk toe Shaleen Surtie-Richards in Junie vanjaar onverwags oorlede is. Sy was in Kaapstad om episodes vir 'Arendsvlei' te skiet.

Die skielike afsterwe van Surtie-Richards het nasionaal opslae gemaak en huldeblyke vir dié ikoniese aktrise het uit alle oorde ingestroom.

LEES: KYK: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle

Surtie-Richards het reeds in 2019 haar eerste verskyning in die telenovelle gemaak as 'Muriel Foster' en keer Donderdag vir die laaste keer terug in dié rol.

Shaleen Surtie-Richards
Verskaf/ kykNET

“'Muriel' het ons wêreld betree as 'Lionel Foster' (Jody Abrahams) se oorbeskermde ma wat vir ’n tydjie huis toe gekom het vir vakansie. 'Muriel' is ’n afgetrede verpleegster wat vir Doctors without Borders werk en kom net nou en dan huis toe. Voor kykers kon gewoond raak aan haar het sy weer haar sakke gepak en vlerke gaan sprei op die skepe,” sê Tarryn Josephs, publisiteitsbestuurder van Arendsvlei. 

Shaleen Surtie-Richards
Verskaf/ kykNET

Hierdie keer kom help 'Muriel' met die reëlings vir haar enigste kleinseun, 'Lee-Roy' (Roberto Kyle), se troue. 'Lee-Roy' en 'Wesley Rossouw' (Craig Adriaanse) het vroeër vanjaar verloof geraak. Hulle het vandeesweek aangekondig dat hulle oor vier weke trou.

LEES: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards

Die aankondiging is skaars gemaak en 'Muriel' daag onverwags op! En soos ons vir 'Muriel' ken, neem sy natuurlik die reëlings oor. Die paartjie besluit dan om ’n kompetisie te hou en die span wat wen, mag die troue reël. 

Shaleen Surtie-Richards
Verskaf/ kykNET

'Muriel' en 'Lionel', wie ook mekaar Mammatjie en Baltjies, is in ’n span terwyl 'Ronel' (Melanie du Bois), 'Lee-Roy' se ma, alleen in ’n span is.

“Shaleen sal vir ’n maand op die kassie wees. Sy het vir ongeveer twee weke by ons geskiet en was dolgelukkig op stel en het grappe gemaak soos oudergewoonte. Dit is vir ons ’n voorreg om haar laaste episodes met kykers te deel, ” sê Tarryn.

Surtie-Richards se storielyn is die Vrydag voor haar dood voltooi.

Kyk na die voorskou hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Show's Stories