Baklei jou familie of vriende met mekaar? Hier is dalk net die oplossing

Baklei jou familie of vriende met mekaar? Hier is dalk net die oplossing

Cato Bekker gesels oor die program, 'Die Uitnodiging'.

Cato Bekker
Jacaranda FM

Dit het alles begin toe Cato Bekker 'n wonderlike Nederlandse TV program gesien het.

"Toe wonder ek of dit ook by ons kon werk? Die konsep vereis dat mense hul harte op TV oopmaak: vertel wie/wat hulle seergemaak het en hulle foute erken. Die eerste uitdaging was om te sien of daar mense was wat dit met ons wou deel."

LEES: Veteraanakteurs weer te sien in 'Lui Maar Op, Belinda'

Cato Bekker glo dat kommunikasie is volgens haar een van die belangrikste hoekstene in ‘n verhouding.  

En toe begin, 'Die Uitnodiging' op kykNET.

'Die Uitnodiging', wat deur Bekker vervaardig en aangebied word, is 'n program wat probeer om mense te vereenig deur kommunikasie. 

LEES: Die 'Egoli'-oomblik toe 'Nenna' en 'Elsa' perongeluk daggakoekies eet

"Alles begin met 'n inskrywing waarin iemand verduidelik hoe 'n verhouding hulle affekteer. Daarna doen ons navorsing en probeer uitvind hoekom die persone vassit."

"Vir ons is dit belangrik dat die versoening moet langer hou as net die episode."

Volgens Bekker is dit belangrik dat mense versoen, omdat ons mekaar so nodig het. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories