Bertus Basson spring wéér in om eetplekke op te kikker in 'In die Sop'

Bertus Basson spring wéér in om eetplekke op te kikker in 'In die Sop'

Kom sit aan saam met die glanssjef, Bertus Basson, vir die tweede seisoen van 'In Die Sop: Restaurant Evolusie', wat dié Woensdag, 27 April, om 20:00 op kykNET begin.

Bertus Basson
Verskaf/ kykNET

In die eerste episode pak Basson en sy span ’n ongewone uitdaging aan, wanneer hulle besoek aflê by ’n padstal in die Overbergse dorpie, Napier, met ’n groot reputasie. Na dié episode gaan Moerse Padstal definitief nie meer dieselfde plek as te vore wees nie. 

LEES: Elvis Blue verruil sy kitaar vir hamers en spykers!

Vir die tweede seisoen gooi 11 ander restaurante ook hul deure vir die 'In Die Sop'-ghoeroes, in plekke soos Brackenfell, Doringbaai, Stellenbosch, Montagu, Gordonsbaai, Lambertsbaai en Swellendam, oop. 

Soos tevore gaan daar in elke episode gewys word hoe ’n eetplek in drie dae ’n transformasie ondergaan. Kykers gaan sien hoe daar nuwe lewe binne 72 uur in restaurante, wat wissel van alledaagse eetplekke tot fynproewer restaurante, geblaas word. 

LEES: Jo Black se kleinboet trou

Basson word weer deur die dekorkenner, Misi Overturf, bygestaan.

“Met In Die Sop, gaan dit nie net oor die eindresultate nie, maar veral oor die verskil wat dit in al die betrokke partye se lewens maak,” sê hy.

Bertus en sy span deskundiges kan enige iets verander – dit sluit die naam, dekor, uitrustings van die personeel, die spyskaart en die kombuisopset in. 

Volgens hom poog hy en sy span om restauranteienaars met hul kennis en ervaring te bemagtig en te inspireer.

LEES: Ontmoet Op My Eish! se twee 'wildcards'

“Soos altyd is daar geen heilige koeie nie en ons woeker met die restaurante se kombuis, uitleg, meubels en disse, maar danksy die eerste seisoen het die nuwe deelnemenende restaurante ’n beter idee wat die resep behels.” 

Die eerste reeks van 'In Die Sop' het veral gehelp om die gekose eetplekke, wat onder die streng inperkingsmaatreëls van die Covid-19-pandemie gebuk gegaan het, huishoudelike name te maak. Boonop het die reeks nie net nuwe klante gelok het nie, maar selfs plaaslike toerisme bevorder. 

“Dit het ons beslis bekend oor die hele land gemaak, want ons gaste kom van orals af,” sê Gielie de Kock van Marsanne’s Restaurant & River Breeze Venue in Witsand.

LEES: Ruan Wessels gesels oor sy verhoogstuk 'Plesierengel'

“Dit is duidelik mense het die program baie geniet en ek reken die helfte van ons kliënte is as gevolg van ons deelname aan In Die Sop.”

Volgens Hentie van der Merwe van Kossie Sikilela in Darling was 'In Die Sop' ’n antwoord op hul gebede. 

“Die hele ervaring is iets wat ons vir niks in die wêreld sal verruil nie, want dit het ons restaurant baie verbeter en dit op die ‘map’ gesit!” 

“Ons het soveel nuwe gaste as gevolg van ons deelname gekry,” sê hy. 

LEES: Gewilde aktrise het 'Troukoors'

Dit word beaam deur Anton Hougaard van Jaart-restaurant in Wellington. 

“In Die Sop het baie deure vir ons oopgemaak en hier was al besoekers van Durban, Pretoria en Johannesburg wat ons op kykNET gesien het. Sulke blootstelling sou ons nooit op ons eie kon vermag nie.”

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Verskaf

Show's Stories