Gewilde aktrise het 'Troukoors'
Updated | By Scenic Drive With Rian
'Troukoors'-aktrise Lea Vivier is verloof! Kyk die pragtige foto's hieronder.

Lea Vivier is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat veral bekend is vir haar hoofrol as 'Yola Fischer' in die Showmax-rillerreeks, 'Dam'.
LEES: 'Op My Eish!': Ontmoet die 15 dames wat opsoek is na liefde
In 2017, het Vivier haar eerste rol in 'n film as 'n kelnerin in 'Wonderlus' losgeslaan, waarvoor sy by die 2017 Silwerskermfees as Beste Aktrise gewen het.
In dieselfde jaar het sy die rol van 'Lika Bosch' in die kykNET-sepie 'Binnelanders' vertolk.
LEES: Seisoen twee van 'Troukoors' in Mei beskikbaar
Vivier is nou meer bekend vir haar rol in die Showmax-reeks, 'Troukoors'. Die tweede seison van die geliefde reeks begin in Mei.
Die aktrise het onlangs aangekondig dat sy verloof is aan André Wilkens.
Die paartjie wat tans in die Maldives vakansie hou, het die pragtigste foto's met hul volgelinge gedeel.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Instagram/ Lea Vivier
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 13 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 13 hours ago