Seisoen twee van 'Troukoors' in Mei beskikbaar
Updated | By Scenic Drive With Rian
Showmax het sopas die lokprent vir seisoen twee van 'Troukoors' bekendgestel.
Showmax het sopas die lokprent vir Seisoen 2 van 'Troukoors' bekendgestel en aangekondig dat die volgende 14 episodes van die Showmax-trefferreeks op Donderdag 5 Mei beskikbaar sal wees om te binge.
LEES: En die volgende aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' is...
'Troukoors' het die Afrikaanse fiksionele reeks geword wat die meeste gekyk is toe dit in Desember 2021 bekendgestel is. Dis tans net agter 'Sex In Afrikaans' en 'Devilsdorp' in terme van eerste-dag kyksyfers vir ’n Afrikaanse titel op Showmax.
LEES: "My hart is stukkend" - Rian van Heerden se geliefde Max sterf
'Troukoors' volg drie beste vriendinne: bruilofbeplanner Jessica (Ilse-Lee van Niekerk); haar suster Luca (Blyde Smit), ‘n sagteware-ontwikkelaar; en haar beste vriendin Abi (Bianca Flanders), ‘n professionele bakker.
LEES: 'Op My Eish!': Ontmoet die 15 dames wat opsoek is na liefde
Seisoen twee begin waar Jessica steeds saam met die liplekker sjef Liam (Christiaan Schoombie) is; Luca probeer ‘n langafstand verhouding handhaaf met haar kroegman kêrel Stefan (Evan Hengst) wat ‘n fantasieskrywer geword het; en Abi is op ‘n seks-vas wat ons almal weet nie lank gaan hou nie …
Seisoen twee begin van 5 Mei 2022 op Showmax.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Verskaf
Show's Stories
-
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 2 days, 22 hours ago -
Young Pretoria learner performs on Friday Live
Marlia Botha, who was discovered by Breakfast with Martin Bester during Ja…
Breakfast with Martin Bester 3 days, 1 hour ago