En die volgende aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' is...

En die volgende aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' is...

Het jy dié opwindende nuus gehoor?

Boer Soek 'n Vrou
Facebook/ Boer Soek 'n Vrou

Lewenslesse, vriendskappe, die pragtige landskap en natuurlik die liefde - dís wat saak maak vir model en TV-persoonlikheid Marciel Hopkins (29) wat pas vir die derde keer aangewys is as 'Boer Soek 'n Vrou' se aanbieder. En sy is slaggereed om soveel verskillende rigtings moontlik na van die land se boere in te slaan in die 15de seisoen van die maatsoekreeks op kykNET.

LEES: 'Op My Eish!': Ontmoet die 15 dames wat opsoek is na liefde

Sy het dié nuus Sondagaand, 3 April op die kykNET-vermaakprogram, Bravo! aangekondig.

“Dit is 'n reuse voorreg om vir 'n derde jaar 'n pad saam met 10 boere te stap en om vertrou te word met die groot verantwoordelikheid. Ek is dankbaar vir die avontuur wat voorlê,” verklap sy.

LEES: Rian van Heerden kuier met Pascal Pienaar in Los Angeles

Hopkins se eerste keer as aanbieder van die gewilde program was nie sonder duwweltjies nie. Die reeks is aanvanklik in 2021 deur Covid-19 in die wiele gery en sy kon die boere eers later in die reeks van naderby leer ken. Dit was vir haar ’n groot uitdaging, want haar groot liefde is mense en om hulle in persoon beter te leer ken.

“Geen besluite word vooraf vir die boere óf dames gemaak nie, die proses is 100% op vrye keuse gebaseer en dit word ten alle tye gerespekteer. Hierdie elemente hou die proses outentiek en 'real.' Daar is werklik geen verwagting oor die uitkoms van elke boer se proses nie; ons hoop vir groei, die ontwikkeling van selfvertroue en die liefde is dan net 'n bonus,” sê sy.

LEES: '7de Laan' vier 22ste verjaarsdag!

Maar haar liefde vir die plaaslewe is nie die enigste ooreenkoms tussen Hopkins en die 'Boer Soek 'n Vrou'-deenemers se pad nie. Haar eie liefdespad loop soos in ’n sprokie hand aan hand, seisoen vir seisoen, saam met dié van die boere wat op soek is na ’n lewensmaat en liefde.

“Ek en Handré Lourens (31) trou op 9 April vanjaar, dis dieselfde dag waarop hy my ses jaar gelede uitgevra het op Tafelberg. Ons is baie opgewonde oor ons groot dag, alles is nou in plek vir 'n mooi en spesiale troudag."

LEES: Sakejoernalis wen halfmiljoen op 'Wie Word 'n Miljoenêr'

Die finale episode van die huidige seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou' saai Donderdag, 7 April om 20:00, op kykNET uit. In dié reünie-episode kom al tien boere bymekaar en gesels hulle met Hopkins oor hul deelname. Sy vind ook uit wat in die boere se liefdeslewens aangaan en watter paartjies se verhoudings blom.

Pretfeit: Die reeks is vir die eerste keer op 30 September 2008 op kykNET met Elma Postma as aanbieder uitgesaai.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories