"Die troue simboliseer lig in 'n donker wêreld" - Roberto Kyle van 'Arendsvlei'

"Die troue simboliseer lig in 'n donker wêreld" - Roberto Kyle van 'Arendsvlei'

Die telenovelle, 'Arendsvlei', se eerste gay paartjie het onlangs afgehaak, en dit was ook vir die akteurs 'n groot oomblik.

Arendsvlei
Verskaf/ Craig Adriaanse en Roberto Kyle

'Lee-Roy Foster' en 'Wesley Rossouw, vertolk deur Roberto Kyle en Craig Adriaanse, is die eerste gay paartjie wat in die kykNET&kie-telenovelle na die kansel geloop het.

LEES: FOTO’S: kykNET se 'Arendsvlei' vier 500 episodes!

"Dit gaan beslis neer as een van die hoogte punte van my loopbaan. Ek dink die troue simboliseer lig in ń wereld wat vandag nog baie donkerte teenoor die queer gemeenskap het.  Ek sal die ondervinding altyd koester - ek kan eintlik nie wag om dit eendag in my eie lewe te doen nie," het Roberty Kyle genoem. 

LEES: KYK: Shaleen Surtie-Richards maak laaste buiging

"Dis vir my wonderlik hoe 'Wesley' en 'Lee-Roy' se verhouding oor die afgelope paar seisoene gevorder het. Om 'n gemeenskap te verteenwoordig wie se stories vir baie lank onder die mat gestoot was, was vir my die hoogtepunt. Liefde wen altyd," het Craig Adriaanse gesê.

LEES: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

Dit was ikoniese aktrise Shaleen Surtie-Richards (66) se finale TV-werk, wat die troue nog onvergeetlik maak.

Surtie-Richards is op 7 Junie 2021 in Kaapstad oorlede. 

'Arendsvlei' word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. 


Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET&Kie

Meer Van Jacaranda FM


Show's Stories