EKSKLUSIEF: Mike Bolhuis maak oop na skokbewerings

EKSKLUSIEF: Mike Bolhuis maak oop na skokbewerings

TV persoonlikheid en ondersoeker Mike Bolhuis is vol vertroue dat hy die bewerings teen hom kan weerlê.

Mike Bolhuis
Jacaranda FM

Na bewerings en beskludings op sosiale media, het die bekende TV persoonlikheid en ondersoeker Mike Bolhuis besluit dit is tyd om openlik te praat. 

LEES: Na 22-jaar maak '7de Laan' se 'Evelina' haar verskyning

Volgens Bolhuis, was daar ontevredenheid oor ‘n spesifieke saak. 

Hy verduidelik dat partye nie ooreengestem het oor die spesifieke saak nie, en daar was valsberigte oor sosiale media oor hom versprei. 

Partye het genoem dat hy geld vat en “niks” doen nie.

LEES: Legende Ian Roberts terug op die kassie

“Dit is naamskending," het Bolhuis aan Rian van Heerden genoem. 

Selfs sy ma was ook gekontak in 'n poging om sy naam sleg te maak en hom van die TV af te kry.

Hy gaan almal vervolg wat hom en sy familie aanlyn geteister het.

Kyk hieronder vir meer:  

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Jacaranda FM

Show's Stories