Rian van Heerden gesels met '7de Laan' se gewilde Meme Ditshego

Rian van Heerden gesels met '7de Laan' se gewilde Meme Ditshego

Sedertdien die begin van '7de Laan' was sy 'Madel Terreblance' se geliefde regterhand, maar wie is 'Evelina'? Rian van Heerden het met die legendariese aktrise gesels.

Meme Ditshego
Jacaranda FM

Kykers van die gewilde SABC2-sepie hoef nie meer te wonder hoe 'Evelina' lyk nie.

Nou, ná 22 jaar, weet kykers wie in 'Madel Terreblanche' (Wilma Snyman) se herehuis die heerlikste niertjies gemaak het.

LEES: EKSKLUSIEF: '7de Laan' se 'Evelina' deel gewilde niertjie-resep

'Evelina' het nie net vir die Terreblanche-familie gewerk nie, maar ook vir 'Ryno Vorster', toe vir 'Herman Croukamp' en meer onlangs vir die Welman-familie.

Volgens die storielyn, het 'Evelina' in 2019 afgetree en weggetrek toe sy nog vir die Welmans gewerk het en kykers het sedertdien nie weer van haar gehoor nie.

Die legendariese aktrise Meme Ditshego vertolk die rol van 'Evalina'. 

LEES: "Ek glo steeds in liefde"- Die geliefde Glam Guru bevestig egskeiding na 30-jaar

Dit was nooit die plan dat 'Evelina' moes gesig wys nie.

Kayleen Bessit, publisiteitshoof van die sepie, verduidelik "storielyne ontwikkel en met die aankoms van 'Boitumelo Tumi Selepi' (gespeel deur Linda Sokhulu) het dinge so 'n bietjie verander.”

'Boitumelo', oftewel 'Tumi', is ’n mediese dokter en ’n ambisieuse vrou. Sy het teruggegaan universiteit toe om ’n prokureur te word. Sy is tans in Laan en is opsoek na antwoorde oor haar ma se dood en sy hoop desperaat dat haar ouma, 'Evelina', lig op die situasie sal werp.

LEES: EKSKLUSIEF: Mike Bolhuis maak oop na skokbewerings

"Kykers kan 'n baie omstrede verhouding tussen Evelina en haar kleindogter, Tumi, verwag. Dit is in teenstelling met wat 'n mens sou verwag dat Evelina moet wees, want sy was nog altyd die versorger van die gesinne vir wie sy gewerk het, so jy sou dink haar eie familie is iets wat sy sou spring om te help."

Meme Ditshego
Verskaf/ 7de Laan/ Meme Ditshego as 'Evelina'
Meme Ditshego
Verskaf/ 7de Laan/ Meme Ditshego as 'Evelina' en Deirdre Wolhuter as 'Mariaan Welman'

Meme Ditshego het met Rian van Heerden gesels oor haar rol in die gewilde sepie. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories