"Ek glo steeds in liefde"- Die geliefde Glam Guru bevestig egskeiding na 30-jaar

"Ek glo steeds in liefde"- Die geliefde Glam Guru bevestig egskeiding na 30-jaar

Die geliefde entrepreneur en televisiepersoonlikheid Hannon Bothma het sy egskeiding van Julius Swart bevestig. 

Hannon Bothma
Instagram/ Hannon Bothma

Die televisiepersoonlikheid, grimeerkunstenaar en stilis, Hannon Bothma (ook bekend as Glam Guru) het in 'n video plasing genoem dat hy en Julius Swart se paaie skei. 

LEES: EKSKLUSIEF: Mike Bolhuis maak oop na skokbewerings

Die bekende egpaar het mekaar in die 90's ontmoet toe Hannon 'n haarkapper by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad was en Julius - 'n bemarkingsghoeroe - wat sy hare daar gesny het. 

LEES: Na 22-jaar maak '7de Laan' se 'Evelina' haar verskyning

Hulle het gou saam begin werk en in 1997 - net nadat Hannon sy eerste haar- en grimeerateljee in Kaapstad bekend gestel het, het hulle kragte saamgesnoer. 

Hannon is dalk die gesig van die HANNON-handelsmerk, maar Julius is die sakebrein daaragter. 

Bothma het aan Dean Paulse se Jacaranda FM bevestig dat hulle paaie skei. 

LEES: Legende Ian Roberts terug op die kassie

"Die ondersteuning wat ons kry van vriende, familie, kollegas en HANNON-verbruikers is vir ons 'n aanduiding dat mense ons in hul harte dra en dat HANNON nie net 'n produk is op 'n rak nie. Al voel ons tans bietjie wankelrig in ons persoonlike lewens staan HANNON steeds soos 'n sterk baken wat ons herinner dat ons steeds met trots kan kyk na iets wat uit liefde en harde werk geskep is en wat sal voortgaan om te groei. Ek glo steeds in liefde en glo met liefde kan mens alles oorbrug."

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

More From Jacaranda FM


Foto: Instagram/ Hannon Bothma

Show's Stories