FOTO'S: TV-ster deel haar grootste wens vir haar seuntjie

FOTO'S: TV-ster deel haar grootste wens vir haar seuntjie

Hy is te oulik!

Therese Bam Jack
Facebook/ Therese Bam

Duisende Suid-Afrikaners onthou haar steeds as 'Katryn' in die gewilde reeks, 'Song Vir Katryn' of die feeks 'Astrid' in 'Villa Rosa.' Ja, Therese Bam het werklik geen bekendstelling nodig nie. 

LEES: FOTO’S: kykNET se 'Arendsvlei' vier 500 episodes!

Therese Bam is wel nie vergete nie. Elke Sondagaand is sy te sien in 'Kwela' as veldaanbieder waar sy die land plat reis om met Suid-Afrikaners te gesels oor hul lewens en wat hul uniek maak. 

Die talentvolle Bam het nou nóg 'n titel ingepalm. 

LEES: Sepiepaartjie verwag eersteling

Sy het ma geword aan kleine Jack Bam. 

"Dis 'n wonderwerk. Dit was 'n lang pad. Ons is ontsettend dankbaar vir hierdie mooi en voorreg: dit is nooit 'n gegewe nie," het Bam op haar Facebook-blad gedeel. 

Haar grootste wens vir kleine Jack is "ware geluk", het sy aan Jacaranda FM genoem.

Die pad met swangerskap was nie maklik vir Bam nie, en sy het openlik daaroor gepraat. 

"As jy nog droom van jou eie bondeltjie: dit voel soms onmoontlik, maar dit is nie. Moet nooit ophou droom en soek nie. Daar is maniere."

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Facebook/ Therese Bam

Show's Stories